On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Rise Mzansi stel manifes bekend in Kimberley: Jong mense bring mag terug na mense

───   09:35 Fri, 23 Feb 2024

Rise Mzansi stel manifes bekend in Kimberley: Jong mense bring mag terug na mense | News Article
Rise Mzansi. Foto: Facebook

“Die mense is in hierdie stadium woedend.”

Rise Mzansi het ’n mediaontbyt in die Noord-Kaapse hoofstad aangebied om sy verkiesingsmanifes bekend te stel.

Thabiso Mogorosi, plaaslike sameroeper, het die gemoedstoestand van Suid-Afrikaners beskryf deur te sê dat “die mense in hierdie stadium woedend is”, en dat die oplossings vir Suid-Afrika se probleme nie van politici sal kom nie, maar van mense van alle vlakke van die samelewing.

Al ses verteenwoordigers van die nuwe party is jong mense. Toe hy deur ’n joernalis gevra is of hulle ouer mense in die party het, het hy gesê hulle “mag jong mense in die party hê”. “Ons kort lewendige en energieke mense wat by die gemeenskappe betrokke sal raak.” 

‘Gewone mense sal afgevaardigdes vir parlement kies’

“Die meeste politici is nie in pas met wat op die grond gebeur nie”. Rize Mzansi se manifes stippel die uitdagings van mense op voetsoolvlak uit en stel oplossings voor.

Dit is gewone mense wat afgevaardigdes na die parlement sal kies, nie mense wat in vergaderings sit nie, het Mogorosi gesê,

OFM Nuus/James Williams dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.