On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-speurders in hof vir korrupsie en afpersing

───   13:52 Fri, 23 Feb 2024

Noordwes-speurders in hof vir korrupsie en afpersing | News Article
Foto: Freepik

“Borgtog van R1 000 is aan elk toegestaan.”

Twee speurders van Rustenburg, sers. Yvonne Suzan Sikwani (54) en konst. Bontle Mmudi (41), het Donderdag (22/2) in die landdroshof verskyn nadat hulle Woensdag in hegtenis geneem is.

Borgtog van R1 000 is aan elk toegestaan en hulle moet weer op 31 Mei in dieselfde hof verskyn.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder van Noordwes, sê die beskuldigdes is Woensdagmiddag (21/2) in ’n geheime operasie deur die provinsiale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. Hulle word aangekla van korrupsie en afpersing.

‘Hulle het geld geëis om die ondersoek te versnel’

“Dit volg nadat inligting ontvang is dat Sikwani en Mmudi glo geld geëis het, terwyl hulle ’n bedrogsaak ondersoek het wat in Mei 2021 aangemeld is. Daar word beweer hulle het tussen Oktober 2022 en Januarie 2024 gereeld geld van die klaer geëis om die ondersoek te versnel.”

“Korrupte optrede deur polisielede skend die polisie se reputasie en sal nie geduld word nie,” sê Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes.

OFM Nuus dg 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.