Central SA
Gesteelde ambulans binne minute teruggevind in Noord-Kaap─── 09:05 Sun, 25 Feb 2024
Waaksame polisielede het dit minute later op die N14 opgespoor.
Minute nadat ’n ambulans van die hospitaalperseel in Pofadder in die Noord-Kaap gesteel is, is dit teruggevind danksy die waaksaamheid van verskeie polisielede.
Die ambulans was glo voor die hospitaal geparkeer toe dit Saterdag (24/2) omstreeks 18:00 gesteel is.
Die polisie het dit minute later op die N14 naby die Gamsbergmyn tussen Pofadder en Aggenys teruggevind.
Die twee verdagtes, tussen die ouderdomme van 23 en 28 jaar, is in hegtenis geneem vir diefstal van 'n motorvoertuig en sal na verwagting binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn.
OFM Nuus cg
