On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Bronville, Welkom van beplande wateronderbreking ingelig

───   HEIDRÈ MALGAS 11:39 Sun, 25 Feb 2024

Bronville, Welkom van beplande wateronderbreking ingelig | News Article

Twee watertenks, soos deur die munisipaliteit aangedui, sal vir die duur van die herstelwerk gestuur word.

Vaal Central Water het 'n kennisgewing aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat gestuur van ’n beplande wateronderbreking. Dit dui aan dat Bronville in Welkom se water op 27 tot 28 Februarie vanaf 08:30 vir 36 uur afgeskakel sal wees. Dit is om ’n lekkende pyp te herstel.

Vaal Central Water verseker inwoners dat die watertoevoer so gou as moontlik herstel sal word nadat die herstelwerk voltooi is.

Hulle het bygevoeg dat twee watertenks, soos deur die munisipaliteit aangedui, vir die duur van die herstelwerk gestuur sal word.

Hulle vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdie onderbreking mag veroorsaak en waardeer by voorbaat die geduld en begrip van die betrokke kliënte.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.