On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Tesourie wil toelaes aan Vrystaatse munisipaliteit staak

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:56 Tue, 27 Feb 2024

Tesourie wil toelaes aan Vrystaatse munisipaliteit staak  | News Article

“Die besluit sal nie toekomstige toekennings aan die munisipaliteit raak nie.”

Die nasionale tesourie beplan om toelaes van miljoene rand aan die Nketoana-munisipaliteit op Reitz in die Oos-Vrystaat te staak.

In ’n brief aan die munisipaliteit sê Malijeng Ngqaleni, adjunk-direkteur-generaal vir interregeringsverhoudinge, die tesourie beoog om R13 miljoen en R10 miljoen van die munisipaliteit se 2023/24-begroting vir waterdienste-infrastruktuur te staak, asook R27 miljoen en R29 miljoen vir munisipale infrastruktuur en R284 000 van die munisipaliteit se 2023/24 EPWP-toewysing van R950 000. 

Die munisipaliteit het nog nie op OFM Nuus se navrae gereageer nie. Sy sê die besluit sal nie toekomstige toewysings aan die munisipaliteit raak nie.


Die munisipaliteit het onderbestee en gaan van sy toelaes verloor. Foto: gov.za

“Dit is na aanleiding van 2023/24 se uitgawes vir die halfjaar – ingevolge art.10 van die 2023 Wet op die Verdeling van Inkomste, (Wet No. 5 van 2023) (DoRA) soos gewysig deur die Wysigingswet op die Verdeling van Inkomste (Wet No. 24 van 2023) (DoRAA) en art. 72 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) (MFMA).

“Die tesourie beoog om ’n beroep op art. 18 van DoRA te doen wat bepaal die tesourie kan na goeddunke of op versoek van ’n oordragbeampte of ’n ontvangende beampte die oordrag staak van ’n Bylae 4B- of 5B-toekenning, of ’n gedeelte daarvan na ’n munisipaliteit indien die tesourie voorsien dat ’n munisipaliteit sal onderbestee op die toekenning, of enige program, gedeeltelik of ten volle deur die toekenning befonds, in die 2023/24- finansiële jaar,” sê sy in die brief.

‘Munisipaliteit het minder as 40% bestee’

Die munisipaliteit het minder as 40% van die 2023/24 voorwaardelike toelae bestee. Ná verskeie kennisgewings en voorskrifte wat aan die munisipaliteit uitgereik is om te verhoed dat rioolvuil van ’n wanfunksionele pompstasie in die Vaalrivier vloei, het die Departement van Water en Sanitasie op 13 September 2023 ’n saak teen die munisipaliteit geopen.

Die onderbesteding was geruime tyd ’n bekommernis vir die tesourie al word munisipaliteite aangemoedig om finansiële bestuurspraktyke te verbeter en hulpbronne doeltreffend toe te wys. Ondanks talle waarskuwings het munisipaliteite steeds versuim om die oorsake van onderbesteding aan te pak, wat tot groot frustrasie onder belastingbetalers gelei het.

Intussen het werknemers van die sukkelende Nketoana-munisipaliteit Vrydag (23/2) begin staak en eis hul volle salaris en toelae vir hierdie maand. Die munisipaliteit het na bewering ook versuim om diensverskaffers te betaal.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.