On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Gedenkdiens vir soldate by Tempe in Bloemfontein gehou

───   HEIDRÈ MALGAS 15:17 Wed, 28 Feb 2024

Gedenkdiens vir soldate by Tempe in Bloemfontein gehou | News Article
Kapt. Simon Mkhulu Bobe en o.kpl. Irven Thabang Semono is op 14 Februarie in die DRK dood. Foto verskaf

“Kapt. Simon Mkhulu Bobe het na meer gestreef omdat hy so jonk was.”

Die gedenkdiens van twee soldate is Woensdag (28/02) by Tempe in Bloemfontein gehou. Hulle is op 14 Februarie dood toe ’n mortier die Suid-Afrikaanse basis in Sake in die ooste van die DRK getref het.

Die naasbestaandes van kapt. Simon Mkhulu Bobe en o.kpl. Irven Thabang Semono het ook die gedenkdiens bygewoon. Bongani Bobe, Simon se broer, sê hy was toegewyd aan sy werk. 

Hy het nie baie daaroor gepraat nie, maar hy het letterlik sy lewe vir sy werk gegee.  “Hy het deurgaans baie opleiding gehad, omdat hy die beste wou wees, en hy het dit bereik met sy kapteinstatus,” sê Bobe.

Bongani Bobe sê Simon was ’n liefdevolle mens en sal gemis word. Foto: Heidrè Malgas

Hy sê daar was nog meer wat hy wou bereik, maar ongelukkig het dit met sy dood nie gebeur nie. “Hy het na meer gestreef omdat hy so jonk was; sy doelwitte was nog nie bereik nie. Hy sou vanjaar 36 geword het.”

Bobe sê Simon was ’n liefdevolle mens en sal deur almal gemis word. 

Daniel (Irven Semono se pa) en Michael Semono, Irven se oom. Foto: Heidrè Malgas

Irven Thabang Semono se pa, Daniel Semono, sê hy is hartseer oor wat met sy seun gebeur het. Hy sê Irven het soveel vir die gesin gedoen en sonder hom sal dit baie moeilik wees om voort te gaan.

Bobe sal hierdie komende Saterdag (02/03) in Kimberley begrawe word en Semono in Pretoria.

OFM Nuus/ Heidre Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.