On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Kakamas se krane byna ses maande leeg

───   ZENANDE MPAME 14:30 Thu, 29 Feb 2024

Kakamas se krane byna ses maande leeg  | News Article
Die Kai! Garib-munisipaliteit ondervind waterprobleme en inwoners is moedeloos. Foto verskaf

“Om elke dag water te koop is een van ons daaglikse behoeftes. Die meeste mense kan dit nie bekostig nie.”

Die Kai !Garib-munsipaliteit in die Noord-Kaap ondervind sedert September waterprobleme.
Inwoners van Kakamas het die munisipaliteit tot Maandag (4/3) gegee om op hul eise en griewe te antwoord. Hulle het Vrydag (24/2) ’n memorandum by die burgemeester ingedien.

Hulle sukkel al byna ses maande sonder water. Wanneer daar wel water is, is dit donkerbruin en ruik baie sleg.

Water word met bakkies aangery vir die inwoners. Foto verskaf  

“Water is van verlede jaar ’n probleem en in hierdie uiterste weerstoestande bedreig dit mense se bestaan en raak dit ’n haglike toestand,” sê  Anelma Steenekamp.

“Die afgelope vyf maande het dele van die gemeenskap geen water gehad nie, of inwoners het water gekry wat lukraak aan- en afgesit is. Dit is kommerwekkend, want dit is ’n gemeenskap in ’n semi-woestyngebied,”sê sy.

Anelma Steenekamp praat namens die inwoners van Kakamas. Foto verskaf  

Kakamas is een van die dorpe in die Noord-Kaap wat deur ’n hittegolf getref is. Bedags wissel die temperatuur van 39 °C tot 45 °C voordat dit in die nag daal tot 37 °C.

Die kinders in een van die skole kan nie die donkerbruin water drink nie. Foto verskaf 

“Die situasie in Kakamas verskil. Daar is gebiede wat vir twee tot drie maande nie water gehad het nie, gebiede wat vir vyf maande nie water gehad het nie, en sommige wat vir drie weke nie water gehad het nie," sê Clifford Diergaardt van Hillcok.

“Om elke dag water te koop is een van ons daaglikse behoeftes. Die meeste mense kan dit nie bekostig nie. Ons kry geen kommunikasie van die munisipaliteit  op watter dae hulle tenkwaens bring en ook wanneer die water af sal wees nie.”

Kakamas se inwoners het Vrydag (24/2) ’n griefskrif ingedien. Foto verskaf 

OFM Nuus wag nog vir die munisipale speaker om op navrae te reageer.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.