On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein is gasheer vir kampioenskap vir gestremdes en visueel gestremdes

───   HEIDRÈ MALGAS 15:00 Fri, 01 Mar 2024

Bloemfontein is gasheer vir kampioenskap vir gestremdes en visueel gestremdes | News Article
Rudi Koen, Louzanne Coetzee en Ernesta Strydom. Agter: Vincent Ramocelo, Marisa Potgieter, arbeidsterapeut vir die boccia-span, Estean Badenhorst en Claus Kempen. Foto: Warren Hawkins.

“Boccia is 'n sport vir ernstig gestremde kinders.”

Die Toyota Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gestremdes en Visueel Gestremdes (SASAPD) se nasionale kampioenskap word van 21 tot 25 Maart in Bloemfontein gehou. Die kampioenskap is 'n belangrike geleentheid op die jaarlikse sportkalender en sal ekstra betekenis hê met die Paralimpiese Spele wat oor vyf maande plaasvind.

Op die mediakonferensie vandag (01/3) het vier mense Proteakleure gekry – Claus Kempen en Estean Badenhorst, die Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee se gidse, Marisa Potgieter, arbeidsterapeut vir die boccia-span, en Vincent Ramochela, afrigter en grootste ondersteuner van die boccia-span.

Vincent Ramochela is een van die boccia-afrigters. Foto Heidre Malgas

Vincent Ramochela was voorheen ’n veiligheidswag by die Martie du Plessis-skool. Daar was 'n werkgeleentheid beskikbaar en hy het die pos gekry. Ramochela was die geskikste kandidaat omdat hy uitstekend is met die gestremde kinders. Hy het hulle altyd gehelp en gelei.

‘Ons het gekwalifiseer om na Frankryk te gaan’

Boccia is 'n sport vir ernstig gestremde kinders en Ramochela sorg vir die kinders asof hulle sy eie is. Hy bad hulle, voed hulle, rig hulle af en doen dit elke dag weer. "Ek is baie, baie gelukkig, ons speel boccia en ons het gekwalifiseer om na Parys (Frankryk) te gaan," sê hy.

Moekie Grobbelaar, president van die SASAPD, het almal verwelkom en sê hierdie 'n baie belangrike jaar. Dit gaan die platform wees vir gestremde persone. Die openingseremonie is op Donderdag 21 Maart  om 17:30 by by Martie du Plessis-skool. 

OFM Nuus/ Heidre Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.