On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Betogings in Kimberley ná polisie man doodskiet

───   09:47 Sat, 02 Mar 2024

Betogings in Kimberley ná polisie man doodskiet | News Article
FOTO: Verskaf.

Lede van die Club 2000, Galeshewe gemeenskap in Kimberley het vier dae by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se kantore betoog.

’n Polisiebeampte het ’n man Saterdagmiddag (24/2) doodgeskiet tydens ’n arrestasie.

Die insident het plaasgevind toe polisie toegeslaan het op drie vermeende verdagtes wat daarvan verdink is dat hulle vroeër die aand ’n kroeg van twee kaste bier beroof het. ’n Argument het uitgebreek en die verdagtes het na bewering die polisie aangeval. Een verdagte is noodlottig geskiet en ’n tweede een is gewond. Tydens die voorval is ’n derde verdagte ook gearresteer.  

Lede van die Club 2000, Galeshewe gemeenskap in Kimberley tydens hul betoging/FOTO: Verskaf.

Gemeenskapslede het glo ook betrokke geraak toe hulle die polisie die verdagtes sien aanval, en volgens ’n ooggetuie het dié gemeenskapslede die derde verdagte vrygelaat uit die polisievangwa.

Die saak is by Opod ingedien en gemeenskapslede het Maandag (26/2) tot Donderdag (29/2) by Opod se Kimberley-kantoor betoog teen polisiegeweld. Die lede is verseker dat die saak teen die polisiebeampte ondersoek sal word.

OFM-nuus/James Williams

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.