On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Meals on Wheels se fietstoer besoek Kimberley, help behoeftiges

───   11:40 Mon, 04 Mar 2024

Meals on Wheels se fietstoer besoek Kimberley, help behoeftiges | News Article
Die fietstoer het Maandagoggend vroeg uit Britstown vertrek. Foto: Facebook

As deel van die toer deel hulle kospakkies en ander noodsaaklikhede uit aan behoeftiges in die dorpe wat hulle aandoen.

Die fietsryers van die Meals on Wheels-toer het Kimberley besoek op pad na Kaapstad. Die jaarlikse toer, Extreme Ride 4 Hunger, is deur Meals on Wheels in die Noord-Kaap begin om bewustheid te skep oor die nood van arm mense. 

As deel van die toer deel hulle kospakkies en ander noodsaaklikhede uit aan behoeftiges in die dorpe wat hulle aandoen. By die Elizabeth Conradie-skool vir leerders met spesiale behoeftes in Kimberley het hulle kospakkies, tuingereedskap, stoele en ander benodigdhede geskenk.

Die organisasie vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar. Foto verskaf

Martha van Zyl, skoolhoof, sê hulle is baie dankbaar vir Meals on Wheels se skenking. Die projek is deel van hul 60ste bestaansjaar, sê Gershon Naidoo, bestuurder van Meals on Wheels. In Kimberley is daar drie Meals on Wheels-sentrums wat daagliks kos aan arm mense gee. 

Thomas Chisveto, Meals on Wheels se finansiële hoof in Kimberley, is deel van die fietsryspan. Hy sê hulle is nou op pad na Victoria-Wes. Die toer het in Johannesburg begin en sal volgende week in Kaapstad eindig. 

OFM Nuus/James Williams dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.