On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Lourierpark: Grondbesetters met ‘voltooide struktuur’ mag eers bly

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:51 Wed, 06 Mar 2024

Lourierpark: Grondbesetters met ‘voltooide struktuur’ mag eers bly | News Article
Die Mangaung Metro se munisipale bestuurder, Sello More (links), en woordvoerder, Qondile Khedama. Foto: Kekeletso Mosebetsi

“Die derde groep respondente, wat reeds strukture voltooi het en daarin woon, sal moet bly.”

In ’n beslissende stap om die wet te handhaaf en aandag te skenk aan die dringende kwessie van onwettige grondbesetting, het Mangaung-metro planne aangekondig om uiteindelik ’n hofbevel uit te voer en grondbesetters by Lourierpark uit te sit.

Hewige spanning het Dinsdag (5/2) geheers tussen die polisie en inwoners van Lourierpark nadat hulle strate met brandende bande en klippe versper het, wat uiteindelik tot verskeie inhegtenisnemings gelei het.


Sello More, Mangaung se stadsbestuurder, het die media Woensdag (6/3) by die Lourierpark-plakkerskamp toegespreek en die burgemeester se woorde herhaal dat diegene wat reeds hul strukture gebou en voltooi het, sal bly. Diegene met onvoltooide strukture sal egter Woensdag nog uitgesit word.


“Ons bedoeling is om die hofbevel uit te voer,” het More gesê. “Die hofbevel sê die eerste en tweede groep respondente moet verwyder word, maar ons is simpatiek met diegene wat nie blyplek het nie … die derde groep respondente wat reeds volle strukture gebou het en daarin woon, sal moet bly,” het More verduidelik.

Die uitsetting van die tweede en eerste groepe respondente sal Woensdagaand deur die munisipaliteit, polisie en ander wetstoepassingsagentskappe gelei word. 

More het gesê die grond in Lourierpark is al ’n geruime tyd deur munisipaliteit geïdentifiseer, maar weens finansiële beperkings kon die munisipaliteit dit nie ontwikkel en huisvesting oprig nie. Hy het belowe dat die basiese dienste soos water- en sanitasiestelsels in die gebied in die volgende boekjaar geïmplementeer sal word.


Onlangs het Gregory Nthatisi, Mangaung se burgemeester, hom bevind in die middel van ’n ingewikkelde dilemma van onmiddellike humanitêre behoeftes en die strewe na ’n blywende oplossing vir die grondkwessie.

More het gesê die stad sal voorkeur gee aan mense wat op Menslike Nedersettings se waglys is. Diegene wat in die nuwe informele nedersettings by Lourierpark gaan woon, sal nagegaan word om vas te stel of hulle deel uitmaak van daardie lys en of hulle nie huise het om na terug te keer nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.