Central SA
Noord-Kaapse musikant help dwelmverslaafdes, werklose jeugdiges─── 14:11 Thu, 07 Mar 2024
“Die werkloosheidsyfer is so hoog dat dit die jeug ontmoedig om enigiets te doen; so ek maak gebruik van die geleentheid om jong, opkomende gospelkunstenaars met rou talent te identifiseer, te ontwikkel en met musiek besig te hou.”
Dorothy M, ’n bekroonde gospelmusikant van Ritchie in die Noord-Kaap, beskou dit as haar roeping om dwelmverslaafdes en werklose jeugdiges te help om hul lewensdoel te vind.
Dorothy Mazingane, wat die verhoognaam Dorothy M gebruik, is al 30 jaar by die musiekbedryf betrokke en het vyf albums uitgereik. Sy het talle pryse in 2021 en 2022 ontvang en onlangs was ’n nasionale toekenning as die mees invloedryke gospelmusikant vir 2023. Sy komponeer die meeste van haar liedjies waar sy ’n storie oor haar lewe vertel.

’n Kunstenaar wat deur haar ontwikkel is, ’n voormalige dwelmafhanklike, is nou al drie jaar skoon. Hy het die liedjie “Jy kan oor begin” gekomponeer. Foto verskaf
Dorothy M staan dwelmverslaafdes by met haar liedjies. Sy is tans besig met ’n dwelmverslaafde wat ernstig is en wil ophou dwelms gebruik. Sy het hom toegelaat om sy eie liedjie te skryf. Die ander een het in haar musiekvideo op One Gospel en Dumisa TV verskyn.
“Die werkloosheidsyfer is so hoog dat dit die jeug ontmoedig om enigiets te doen; so ek maak gebruik van die geleentheid om jong, opkomende gospelkunstenaars met rou talent te identifiseer, te ontwikkel en met musiek besig te hou.”

Dorothy Mazingane het die toekenning van mees invloedryke gospelkunstenaar by Ukhonukamva National Gospel Music Awards in Kaapstad ontvang. Foto verskaf
In een van haar musiekvideo’s, “Izinyembezi” (trane) op YouTube, vertolk ’n jong seun van Ritchie die rol van ’n kind.
Wanneer sy praat oor hoe sy die jong mense bystaan, sê sy: “Ek komponeer liedjies vir hulle, vergesel hulle na die ateljee vir opnames, neem hulle na gemeenskapsradiostasies, soos Revival FM, en stel hulle aan die publiek bekend.”
