On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bedrogsaak: Noord-Kaapse beamptes kry borgtog

───   ZENANDE MPAME 14:46 Thu, 07 Mar 2024

Bedrogsaak: Noord-Kaapse beamptes kry borgtog  | News Article
Foto: Verskaf

“Alle verdagtes is borgtog toegestaan en die saak is uitgestel.”

Twee huidige en ’n gewese werknemer van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaap is borgtog van R10 000 elk toegestaan ná hul verskyning Woensdag (6/3) in die landdroshof in Kimberley. 

Die twee senior werknemers is Woensdagoggend (6/3) deur die Valke in hegtenis geneem en ’n voormalige senior werknemer het haarself oorgegee, waarna al drie vlugtig in die hof verskyn het.

Bonakele Jacobs, hoofdirekteur van korporatiewe dienste. Foto verskaf

“Die span het drie verdagtes in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hulle die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA), bedrog en geldwassery oortree het,” sê Tebogo Thebe, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder. “Dis nadat die departement … ’n onreëlmatige betaling aan ’n sekere diensverskaffer gemaak het sonder dat enige dienste aan die departement gelewer is.”

“Bonakele Jacobs (55), wat die hoofdirekteur van korporatiewe dienste is, Andrian Coleridge (50), finansiële hoof, en Ruth Palm (61), die voormalige departementshoof, is almal borgtog toegestaan.”

Andrian Coleridge (50), die finansiële hoof. Foto verskaf

Die betaling was na bewering bedoel vir die Umsobomvu-jeugfees, wat in Desember 2016 op Colesberg moes plaasgevind het. Verlies van R1,6 miljoen is deur die departement gely.

Aanklagte teen ’n maatskappy en sy direkteur wat voorheen aangekla is, sal heringestel word. Alle verdagtes moet op Maandag 25 Maart terug wees in die Kimberleyse landdroshof.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.