On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse boer beveel om Eskom R1,5 miljoen te betaal

───   ZENANDE MPAME 11:22 Sun, 10 Mar 2024

Vrystaatse boer beveel om Eskom R1,5 miljoen te betaal | News Article

“Indien daar bevind word dat enigiemand elektrisiteit steel of ’n ander help om noodsaaklike infrastruktuur te steel of te beskadig, sal hulle in hegtenis geneem word.”

Die Bloemfonteinse landdroshof het ’n Vrystaatse boer beveel om teen Sondag (10/3) meer as R1,5 miljoen aan Eskom te betaal. Hy is ook Vrydag (8/3) beveel om dadelik R50 000 aan die kragvoorsiener te betaal.

Jan Albert van der Merwe (46) is skuldig bevind aan diefstal en 17 aanklagte van oortreding van die Wysigingswet op Strafsake (18 van 2015); onregmatige hantering van en/of skade aan noodsaaklike infrastruktuur.

“Van der Merwe is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is vir diefstal,” het Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die Vrystaatse Valke, gesê. “Sy optrede het Eskom ’n verlies van R1,9 miljoen in die streek laat ly.”

’n Vrystaatse boer moet teen Sondag (10/3) meer as R1,5 miljoen aan Eskom betaal.

Daar is vasgestel dat dié elektrisiteitsdief tussen 2017 en 2019 met ’n elektrisiteitboks op sy plaas getemper het. Hy het dit gedoen om sy elektrisiteitsrekening te verminder of dit vry te spring.

“Ekonomiese misdaad het verskriklike gevolge vir baie onskuldige Suid-Afrikaners. Enigiemand wat gevind word dat hy elektrisiteit steel of ’n ander help om noodsaaklike infrastruktuur te steel of te beskadig, sal in hegtenis geneem word,” het Sophie Hange, waarnemende hoof van die Vrystaatse Valke, gesê.

’n Navraag is aan die NVG gerig om uit te vind of Van der Merwe Eskom uiteindelik Sondag (10/3) betaal het. OFM Nuus wag nog op ’n antwoord van die NVG.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.