On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Leerling verdrink in Vrystaat ná naweekklasse

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:17 Mon, 11 Mar 2024

Leerling verdrink in Vrystaat ná naweekklasse  | News Article
Die polisie ondersoek die verdrinking van ’n tienerseun. Skermgreep: Facebook/Bethlehem News Spot

“Ek is diep bedroef oor hierdie verlies en wil graag my meegevoel met die familie en vriende van Katlego Motloung betuig. Ek dink aan hulle en bid vir hulle.”

Die Vrystaatse Departement van Onderwys is verpletter deur die tragiese verdrinking van ’n gr. 10-leerder van die Sekondêre Skool Ntsu op Bethlehem.

Katlego Motloung is dood tydens wat bedoel was om ’n gewone naweek van ekstra klasse in wiskunde te wees. Howard Ndaba, onderwyswoordvoerder, sê Motloung en vyf van sy klasmaats is na die swembad nadat hulle Saterdag (9/3) naweekklasse bygewoon het.

Die brandweer het probeer om water uit die swembad te pomp omdat hulle gesukkel het om Motloung se liggaam te kry. Skermgreep: Facebook/Bethlehem News Spot

Motloung het besluit om water te vra om te drink by ’n veiligheidswag by die swembad op die dorp. Die leerder het daarna besluit om te gaan swem. Sy maats het hom probeer red, maar vergeefs. Hy is omstreeks 17:20 op die toneel dood verklaar.

Vrystaatse LUR vir onderwys, Makalo Mohale, het medelye met sy naasbestaandes en vriende betuig. “Ek is diep hartseer hieroor. Ek dink aan sy naasbestaandes en vriende en bid vir hulle,” het hy gesê.

Die reddingswerkers het gesukkel om Motloung se liggaam te kry. Skermgreep: Facebook/Bethlehem News Spot

Intussen het die departement saam met die Dihlabeng-munisipaliteit gesê hulle sal die vyf leerders wat saam met die oorledene was, van berading voorsien. Die polisie ondersoek die voorval.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.