On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Operasie Shanela: 676 verdagtes in Noord-Kaap aangekeer

───   09:28 Mon, 11 Mar 2024

Operasie Shanela: 676 verdagtes in Noord-Kaap aangekeer | News Article

“Van die 676 inhegtenisnemings was 585 gesoekte verdagtes wat vir talle oortredings op die vlug geslaan het.”

Altesaam 676 verdagtes is die week tydens verskerpte polisie-optredes en opsporing deur speurders dwarsoor die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Operasie Shanela-optredes tussen Sondag 3 Maart en Sondag 10 Maart verskerp en was veral toegespits op die vermindering van kontak- en geweldsmisdaad in brandpuntgebiede. Dit het die afgelope week menigte suksesse tot gevolg gehad.

Polisie-aktiwiteite wat tydens hierdie operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte, deursoekpunte, voet- en voertuigpatrollies en nakomingsinspeksies terwyl gekonsentreer is op die smokkel van dwelms en ander kommoditeite. Nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede is ook uitgevoer, terwyl skole en plase besoek is.

Operasie Shanela het die afgelope week menigte suksesse tot gevolg gehad. Foto: Facebook

Altesaam 2 711 voertuie en 5 672 persone is by die 48 voertuigkontrolepunte en padblokkades regoor die provinsie voorgekeer en deurgesoek.

“Van die 676 inhegtenisnemings was 585 gesoekte verdagtes wat vir talle oortredings op die vlug geslaan het.”

Die verdagtes is aangekeer en in hegtenis geneem vir misdaad wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, veediefstal, huisbraak, diefstal uit motorvoertuie, opsetlike saakbeskadiging, handel en besit van dwelms, gevaarlike wapens, bestuur onder die invloed van drank of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante, asook die oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.

Daar was 48 voertuigkontrolepunte en padblokkades regoor die provinsie. Foto: Facebook

Ontwrigtende aksies wat op die onwettige handel in drank fokus, het gelei tot die beslaglegging op groot volumes drank en talle gevaarlike wapens by onwettige drankafsetpunte en ander misdaadgebiede.

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, het herhaal dat die polisie sal voortgaan om misdaad kragdadig te voorkom en te bekamp. Sy het ook al die wetstoepassingsagentskappe en belanghebbendes, insluitend die GPF-strukture, geloof vir hul gesamentlike pogings om misdaad in die Noord-Kaap aan te spreek.

“Operasie Shanela, die hoë intensiteit, multidissiplinêre operasie, bly standvastig en doelgerig om misdaad in dié provinsie te bekamp.”

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.