On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Beplande waterafsluiting in Kimberley sal vyf dae duur

───   09:45 Thu, 14 Mar 2024

Beplande waterafsluiting in Kimberley sal vyf dae duur  | News Article
Kimberley verloor te veel water weens lekkasies. Foto verskaf

“Kontrakteurs van die Sol Plaatje-munisipaliteit sal in dié vyf dae probeer om al die lekkasies reg te maak.”

’n Mediakonferensie is in Kimberley gehou oor die beplande waterafsluiting van 4 tot 8 April om waterlekkasies te herstel. 

Kontrakteurs van die Sol Plaatje-munisipaliteit sal in dié vyf dae probeer om al die lekkasies reg te maak. Dit sal twee dae neem vir die water in Midstasie om te sak ná die waterafsluiting. Hulle sal dan op die derde dag  eers die lekkasie kan regmaak. Die eerste twee dae sal die kontrakteurs ander lekkasies by Riverton regmaak en die laaste twee dae sal hulle ’n inspeksie doen om seker te maak alle lekkasies is suksesvol reggemaak voordat die watertoevoer herstel word.

Kontrakteurs sal vyf dae nodig hê om lekplekke in Kimberley te herstel. Foto verskaf

Herstelwerk sal ook gedoen word aan die stukkende 900 mm-spruitstuk in Riverton wat in Desember geïdentifiseer is. Lucky Moyayi, munisipale woordvoerder, sê die lekkasies is op verskillende plekke.

Moyayi sê die klep van die spruitstuk is nie maklik verkrygbaar nie en dit sal te lank neem as hulle dit moet bestel. Die kontrakteur sal eerder een self maak. Die amptelike kontrakteur wat deur die munisipaliteit aangewys, is Isiphethu Water Services. Rikus Rossouw, stadsingenieur, sê hulle het hul bes probeer om al die lekplekke reg te maak.

Die waterafsluiting in Kimberley sal van 4 tot 8 April duur. Foto verskaf

“Dit is nie die eerste en ook nie die laaste waterafsluiting wat ons kan verwag nie. Ons moet sewe jaar lank met die uitdagings van hierdie afsluitings worstel totdat die werk om al die lekkasies reg te maak suksesvol afgehandel is," sê Moyayi.

Kimberley verloor baie water deur die lekkasies en daarom is die waterafsluitings nodig, sê hy. 

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.