On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Spesiale ondersoek kom na Binnelandse Sake in Noordwes

───   ZENANDE MPAME 11:23 Mon, 18 Mar 2024

Spesiale ondersoek kom na Binnelandse Sake in Noordwes | News Article
Spesiale ondersoek kom na Binnelandse Sake in Noordwes. Foto: X/ Joepac Ndaba = SA 4IR Commissioner.

“Die saak is by die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor aangemeld.”

Die minister van binnelandse sake het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om amptenare in Noordwes te ondersoek.

Dr. Aaron Motsoaledi het die media Sondag (17/3) in Pretoria ingelig oor kwessies soos immigrasie en visums. Die SOE-ondersoek spruit uit ’n Zimbabwiese burger wat op ’n bedrieglike wyse permanente verblyfreg in Suid-Afrika verkry het Hy is ook aangestel as die finansiële hoof vir die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie (NOK).

“Daar is verskeie kwessies wat my as minister dwars in die krop streek,” het Motsoaledi gesê. “Hoekom het amptenare van Binnelandse Sake nie summier ’n klagte by die polisie ingedien toe hulle op hierdie bedrog afkom nie?

Dr. Aaron Motsoaledi Sondag op die media-inligtingsessie. Foto: Skermgreep/YouTube/eNCA 

“Hoe het die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie se mensehulpbronneafdeling vir Kudakashwe Mpofu in diens geneem sonder omsigtigheidsondersoeke? Elke voornemende werkgewer moet dit mos doen voordat hulle iemand aanstel.

“Nadat ek al die feite gekry het, het ek Nono Maloyi, Noordwes se waarnemende premier, gekontak. Hy het my meegedeel dat Mpofu reeds geskors is. Die saak is by die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor aangemeld.”

The South African berig Mpofu het in Mei 2021 by die NOK aangesluit as ’n batebestuurder, en ’n jaar later is hy bevorder tot finansiële hoof.

Kudakashwe Mpofu , finansiële hoof by die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie. Foto: LinkedIn 

Dokumentasie toon Mpofu het sy permit onregmatig bekom. Dit is nie deur die Departement van Binnelandse Sake gemagtig nie en die departement is onbewus van hoe hy dit bekom het, sê Motsoaledi.

“Dis ’n nasionale verleentheid dat Mpofu as finansiële hoof by die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie, wat staatsgeld hanteer, in diens geneem kon word. Ons het hierdie saak oorhandig aan die SOE, wat nie net na Mpofu sal kyk nie, maar ook na die amptenare wat sy saak hanteer het – Binnelandse Sake en die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.