On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Optoggangers wag ure in son op Noord-Kaapse premier

───   13:28 Mon, 18 Mar 2024

Optoggangers wag ure in son op Noord-Kaapse premier | News Article
Andrus Strauss, Hope4SA se Noord-Kaapse premierskandidaat, het vroegmiddag gevra mense moet vir hulle bid. Foto verskaf

“Ons wil verandering hê! Ons wil werk hê!”

Deelnemers aan ’n gesamentlike optog van Sentraal Noord-Kaap se Besigheidsforum en Hope4SA moes Maandag (18/3) twee ure in die son wag nadat gereël is dat ’n verteenwoordiger van die Noord-Kaapse premier hul versoekskrif oor onder meer Kimberley se waterkrisis sou ontvang.


Die optog het in die parkeerterrein van Pick n Pay begin en na die kantoor van die premier beweeg. Sommige optoggangers het die wit T-hemde van Hope4SA en ’n paar geel glimbaadjies gedra, plakkate omhoog gehou en vryheidsliedere gesing.

Die sakeforum betreur swak dienslewering, bedrog en korrupsie in die Sol Plaatje-munisipaliteit. Foto verskaf

Van die eise wat Hope4SA gehad het, het oor water- en elektrisiteitsuitdagings gehandel. Die sakeforum betreur beweerde swak dienslewering, bedrog en korrupsie in die Sol Plaatje-munisipaliteit en maak beswaar teen die beweerde marginalisering van Groenpunt in die behuisingsprojek.

Terwyl hulle gewag het, het die optoggangers geskree hulle wil verandering en werk hê. Foto verskaf

Toe die optog by die kantoor van premier Zamani Saul aankom, het hulle byna twee ure gewag. Terwyl hulle gewag het, was een van die slagspreuke wat die optoggangers geskree het: “Ons wil verandering hê! Ons wil werk hê!”

Andrus Strauss, Hope4SA se Noord-Kaapse premierskandidaat, het vroegmiddag gevra mense moet vir hulle bid. “Ons staan nou hier voor die premier se kantoor. Ons wag vir ’n verteenwoordiger.”

Sommiges het die wit T-hemde van Hope4SA en ’n paar geel glimbaadjies gedra, plakkate omhoog gehou en vryheidsliedere gesing. Foto verskaf

Monwabisi Nkompela, kommunikasiebestuurder in die premierskantoor, het by navraag aan OFM Nuus gesê hy was nie op kantoor nie, maar sou ondersoek instel. 

Die premierskantoor het later wel iemand gestuur om die memorandum te ontvang. Dit was egter nie ’n senior bestuurder nie. 

Die twee organisasie eis teen môre antwoorde. 

OFM Nuus/James Williams cg




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.