Central SA
ANC betwis MK-party se registrasie in kieshof in Bloemfontein─── 09:46 Tue, 19 Mar 2024

“Een van die redes waarom dit vir die ANC moeilik gaan wees, is dat hy nie behoorlik gebruik gemaak het van die appèlmeganismes en die beswaarmeganismes in die Wet op die Verkiesingskommissie nie.”
ANC-lede en lede van die uMkhonto weSizwe-party betoog by die kieshof in Bloemfontein waar die ANC die registrasie van oudpres. Jacob Zuma se nuwe party Dinsdag (19/3) betwis.
Die ANC voer aan daar was prosedurele gebreke in die manier waarop die party deur die adjunkhoofverkiesingsbeampte, Mawethu Mosery, deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer is.
[IN PICTURES] Today we are at the Electoral High Court in Mangaung ahead of litigation that underscores the movement’s unwavering commitment to defending Umkhonto we Sizwe (MK) as an integral part of the ANC’s 112 year liberation heritage and intellectual property rights.… pic.twitter.com/CNJFofqhe2
— ANC SECRETARY GENERAL | Fikile Mbalula (@MbalulaFikile) March 19, 2024
Die regerende party sê die nuweling was veronderstel om ’n nuwe aansoek in te dien en nie sy oorspronklike en aanvanklike aansoek, wat deur die OVK se Mosery afgekeur is, aan te vul nie.
Die kieshof het sy administratiewe kantoor by die Appèlhof in Bloemfontein, maar kan sake oral in Suid-Afrika aanhoor. Dit vergader slegs wanneer ’n saak voor die hof gebring word; daarom is dit oor die algemeen besig rondom verkiesingstyd, maar stiller tussen nasionale, provinsiale of munisipale verkiesings.
#ANCvsMK : The ANC is taking the IEC to the Electoral Court in a bid to
— Canny Maphanga (@CannyMaphanga) March 19, 2024
Invalidate the registration of the MK party, contending that it was unlawful for the MK party to be registered on a “supplemented” application. #SABCNews pic.twitter.com/PWdBFJaUtV
“Een van die redes waarom dit vir die ANC moeilik gaan wees,” het Reitumetsi Phiri, ’n regsontleder, aan SABC News gesê, ”is dat hy nie behoorlik gebruik gemaak het van die appèlmeganismes en die beswaarmeganismes in die Wet op die Verkiesingskommissie nie.
“Die ANC het nie beswaar gemaak teen die uMkhonto weSizwe-party se aansoek om as ’n politieke party geregistreer te word toe hy die vermoë gehad het om dit te doen nie. Toe hy uiteindelik beswaar maak, is die beswaar eintlik as onreëlmatig afgemaak.”
“Hear me very carefully, this country will be turned into civil war the day the MK Party is not allowed to campaign and to be on the ballot paper. No one will vote we will make sure that no one will vote” MK Party Visvin Reddy
— News Live SA (@newslivesa) March 6, 2024
“We are sending a loud and clear message that if… pic.twitter.com/hEvzTNZiMC
Phiri sê die ANC het ook nie betyds geappelleer teen die MK-party se registrasie nie. Dis veral problematies, “want so kan aangevoer word dat die ANC eintlik sy reg prysgegee het om die MK-party se registrasie as ’n politieke party te betwis”.
Die saak duur nog voort.
OFM Nuus cg/mc