On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Laurika
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Geen student in Bloemfontein vermoor nie

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:55 Tue, 19 Mar 2024

Geen student in Bloemfontein vermoor nie | News Article
Twee mense is in Smallstraat in Bloemfontein aangeval. Photo: Skermgreep

“Die slagoffers in die video is opgespoor en daar is geen rekords van moord- en aanrandingsake wat met die voorval verband hou nie.”

Die Vrystaatse polisie het bewerings weerlê van ’n student wat kwansuis naby die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein aangerand en vermoor is.

’n Video van twee vermeende studente wat deur drie onbekende mans aangeval word, het Sondagaand (17/3), kort ná die voorval, die rondte op sosiale media gedoen. Dit het spanning veroorsaak toe studente vir hul lewe begin vrees het. In sommige van die opmerkings op sosiale media word beweer die aanvallers was taxibestuurders en dat ’n bakleiery met die kamma-slagoffer ontstaan het. Daar word verder beweer dat een van die slagoffers doodgeslaan is.

‘Daar is geen rekords van moord- en aanrandingsake nie’

Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê hulle het die video opgevolg nadat die saak onder hul aandag gebring is. Die slagoffers in die video is opgespoor en daar is geen rekords van moord- en aanrandingsake wat met die voorval verband hou nie.

Covane sê die twee slagoffers leef en die aanvallers het na bewering ook betaal vir mediese rekeninge van die persoon wat ernstig beseer is. Die slagoffers wou nie ’n saak teen die oortreders aanhangig maak nie.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.