On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee wêreldrekords in Vaaldriehoek verbeter – VIDEO’S

───   ZENANDE MPAME 10:17 Wed, 20 Mar 2024

Twee wêreldrekords in Vaaldriehoek verbeter – VIDEO’S | News Article
Die 35, 24 km serp. Foto: Facebook/Rocking the Vaal

“Guinness World Records het bekend gemaak ons het twee rekords verbeter.”

Die grootste porsie van potjiekos en die langste serp ter wêreld het Saterdag (16/3) by die Emerald Resort and Casino in Vanderbijlpark vir nuwe wêreldrekords gesorg.

Die Goue Driehoek-sakekamer het ’n serp van 35, 24 km gemaak, wat die bestaande rekord van ’n 35 km-serp verbeter het, en hulle het die rekord van die grootste porsie potjiekos wat 2 796 kg geweeg het, verbeter.


“Die dag was ’n groot sukses, 623 kg is voorgesit aan mense wat die fees bygewoon het, en 2,096 kg het uitgegaan na die gemeenskap in nood,” sê Alice de Jager, lid van die Goue Driehoek Kamer van Koophandel. “Ons het die rekord vir die serpe verbeter en ons 35 km-teiken oortref. Die atmosfeer was absoluut opwindend en almal het die aand die Rocking the Vaal- geniet”

Die serp van 35,24 km het Afrika uitgebeeld wat deur oseane omring word, en die Guinness World Records se span het twee dae nodig gehad om die handgemaakte serp akkuraat te meet. Nadat die serp gemeet is, is dit geskei in sy meter langer dele en na hul onderskeie kerke en organisasies teruggestuur om aan minderbevoorregtes uit te deel.


Die wol is landwyd verskeep na mense wat wou help met hekelwerk.

Die Goue Driehoek-sakekamer wou ook nuwe wêreldrekords opstel om duisend snye brood gelyktydig te smeer en duisend brode gelyktydig te sny, dit is saam met die potjiekos bedien soos bunny chow. Ongelukkig het hulle nie hierdie rekords kon verbeter nie.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.