On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Welkom-swendelaar borgtog toegestaan

───   ZENANDE MPAME 09:41 Sat, 23 Mar 2024

Vermeende Welkom-swendelaar borgtog toegestaan | News Article

“Die beskuldigde het in die hof verskyn en is borgtog van R5 000 toegestaan.”

’n Vermeende swendelaar sal in April weer in die Welkom-landdroshof verskyn op ’n aanklag van korrupsie ná ’n mislukte poging om werksoekers te bedrieg.

Liabeng Hoffman (45) het Dinsdag (19/3) in die Welkom-landdroshof verskyn en is borgtog van R5 000 toegestaan. Die saak is tot 19 April uitgestel.

Die NVG-woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê Hoffman is vroeër vandeesmaand tydens 'n operasie in Welkom deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle inligting opgevolg het, naamlik dat sy geld by ’n slagoffer gaan afhaal.

“Die beskuldigde het in die hof verskyn en is borgtog van R5 000 toegestaan. Die saak is vir verdere ondersoek tot 19 April uitgestel,” het Senokoatsane gesê.

“Die Matjhabeng-munisipaliteit het in Februarie vakatures vir leerlingverkeersbeamptes geadverteer en die publiek gevra om aansoek te doen. ’n Twintigjarige werksaansoeker was verheug om van ’n vrou te hoor wat bevestig dat haar aansoek ontvang is.”

'Toe die vrou veronderstel was om haar geld af te haal, het speurders op haar gewag'

Hoffman het aan die werksoeker gesê as sy R10 000 betaal, sal sy as 'n leerlingverkeersbeampte aangestel word. Die saak is by die Welkom se ernstige korrupsie-ondersoekeenheid aangemeld en toe die vrou veronderstel was om haar geld af te haal, het speurders op haar gewag en sy is dadelik in hegtenis geneem.

“Daar is vasgestel dat die verdagte nie ’n werknemer van die munisipaliteit is nie,” danksy verdere ondersoeke wat die Valke gedoen het.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.