On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende motorsindikaatlede in Klerksdorp vasgetrek

───   11:51 Mon, 25 Mar 2024

Vermeende motorsindikaatlede in Klerksdorp vasgetrek | News Article
Foto: Unsplash/Jorgen Hendriksen

“Tydens die onderhandeling het ’n groep verdagtes egter na die huis gekom en die slagoffers beroof.”

Die polisie in Noordwes het vermeende sindikaatlede in hegtenis geneem wat na bewering deur sosiale media op motorkopers in en om Klerksdorp toegeslaan het.

Die beamptes het Vrydag op ’n wenk gereageer en agt verdagtes aangekeer wat op die punt was om ’n niksvermoedende, potensiële koper in te loop.

Die verdagtes se modus operandi is om ’n Toyota Avanza op sosiale media te adverteer en slagoffers na ’n huis in Jouberton te lok, waar die verwagte transaksie sal plaasvind. Tydens die onderhandeling het ’n groep verdagtes egter na die huis gekom en die slagoffers beroof.

Dit was die tweede voorval nadat nog een verlede maand by dieselfde huis aangemeld is, sê Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. “Die verdagtes het probeer om die potensiële koper te bedrieg en te beroof, maar die waaksame polisie het op die verdagtes toegeslaan.

“Een van die verdagtes is in besit van ’n polisiebeampte se kaart gevind.”

Die mans, tussen 25 en 48, sal na verwagting Maandag (25/3) in die Klerksdorpse landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en dat een van hulle voorgegee het, hy is ’n polisiebeampte.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.