On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Munisipale geboue in Welkom, op Virginia in ligte laaie ná staking

───   HEIDRÈ MALGAS 14:00 Tue, 26 Mar 2024

Munisipale geboue in Welkom, op Virginia in ligte laaie ná staking | News Article
Geboue van die Matjhabeng-munisipaliteit in Welkom en op Virginia is aan die brand gesteek.

“Die finansiële kantore van die Matjhabeng-munisipaliteit is beskadig en deels uitgebrand.”

Geboue van die Matjhabeng-munisipaliteit in Welkom en op Virginia is aan die brand gesteek tydens die voortslepende staking deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) in dié Goudveldse plaaslike owerheid. 

Stakers het woedend gereageer nadat hulle ingelig is oor die uitkoms van nóg ’n mislukte samespreking in die negende week van die nywerheidstaking. 

Die finansiële kantore van die Matjhabeng-munisipaliteit is beskadig en deels uitgebrand, het Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, gesê. Paaie is met brandende rommel versper. 


Klagtes van openbare geweld is by Welkom en Virginia se polisiekantoor ingedien, het hy gesê. “Lede van openbare-ordepolisiëring (POP) monitor die situasie.” Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kort nadat ’n rampspoedige vergadering oor lone en die geen-werk-geen-betaling-beleid op ’n dooiepunt uitgeloop het, het die werkers na bewering begin om die geboue en kantore aan die brand te steek.

Samwu kla sy besware het op die vergadering op dowe ore geval. Die kern van die saak is dat die vakbond gedurende die nege weke van die staking nie amptelik ingelig is nie dat ’n geen-werk-geen-betaling-beleid afgedwing sou word, sê Tiisetso Mahlatsi, provinsiale sekretaris. 

Die finansiële kantore van die Matjhabeng-munisipaliteit in Welkom. Foto verskaf

Ná vorige onderhandelinge en ooreenkomste was daar beloftes van betaling wat nie nagekom is nie, beweer hy. ’n Algemene benadering van geen betaling vir geen werk, is toegepas om alle Samwu-lede te straf met aftrekkings van hulle salaris, sê Mahlatsi.

Selfs dié met verlof of siekteverlof, of wat geskors of uitgesluit is, is na bewering daardeur geraak sonder dat hulle geraadpleeg is.



Thakeng sê by die munisipale perseel op Virginia is bome aan die brand gesteek, vensterruite van kantore gebreek en lêers in ’n kantoor gebrand.

OFM Nuus het voorheen berig die sukkelende Matjhabeng-munisipaliteit het gesê hy sal dienste, wat reeds weke lank gestaak is, hervat ondanks ’n voortdurende staking deur Samwu-lede.

Inwoners en ondernemings kry swaar weens die gebrek aan dienslewering.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.