On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Odendaalsrus-vrou kry borgtog nadat sy haarself glo ‘ontvoer’

───   ZENANDE MPAME 13:26 Tue, 26 Mar 2024

Odendaalsrus-vrou kry borgtog nadat sy haarself glo ‘ontvoer’ | News Article
Foto: OFM News

“Sy sal nou te doen kry met die gereg aangesien ’n deeglike ondersoek begin het.”

’n Vrou van Odendaalsrus op die Vrystaatse Goudveld wat voorgegee het dat sy ontvoer is, is borgtog van R500 toegestaan.

Khahliso Mabitle (38) het Maandag (25/3) in die plaaslike landdroshof voorgekom op aanklagte van regsverydeling en bedrog. Die saak is tot Woensdag 24 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Sy is Vrydag (22/3) in hegtenis geneem nadat sy by die Thabong-polisiekantoor in Welkom aangemeld het. Sy is deur die Odendaalsrus-ondersoekspan vir ondervraging opgelaai.

Khahliso Mabitle is borgtog van R500 toegestaan. Foto verskaf

“Die vrou is ondervra; daarna is ’n saak van bedrog en regsverydeling geregistreer, en sy is in hegtenis geneem,” sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “(Haar) inhegtenisneming sal ’n sterk boodskap uitdra dat niemand sy of haar ontvoering kan namaak en daarmee wegkom nie. Sy sal nou te doen kry met die gereg aangesien ’n deeglike ondersoek begin het.”

Toe Mabitla se man Maandag (18/3) van die werk af kom, het die kinders hom ingelig dat hul ma reeds weg is om by ’n kitskosrestaurant op die dorp te gaan werk. Later die aand het hy na bewering ’n boodskap van sy vrou se foon ontvang en hom na haar werkplek gehaas.

Daar gekom, is hy meegedeel dat sy nie vir werk opgedaag het nie. Hy het nog ’n boodskap van sy vrou se selfoon gekry waarin ’n losprys van R5 000 geëis is.

‘ ’n Saak van ontvoering is geregistreer en spesialiseenhede is betrek’

“Die man het halfsewe die aand ’n klagte van ontvoering by die Odendaalsrus-polisiekantoor ingedien. ’n Saak van ontvoering is geregistreer en spesialiseenhede van Pretoria, Bloemfontein en Welkom is betrek om na die vrou te help soek,” het Thakeng gesê.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.