On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

16 ongelukke, 19 sterfgevalle aangeteken in Noordwes

───   10:02 Tue, 02 Apr 2024

16 ongelukke, 19 sterfgevalle aangeteken in Noordwes | News Article
Motoriste sê meer sigbaarheid van wetstoepassers is nodig. Foto verskaf

“Rondloperdiere veroorsaak ongelukke op daardie spesifieke pad.”

Die Departement van Openbare Veiligheid in Noordwes sê hulle het sedert die begin van die Paastyd 16 padongelukke aangeteken waarin 19 mense gesterf het.

Die departement sê dit is ’n voorlopige verslag aangesien die getal kan toeneem namate mense huiswaarts keer ná die Paasvakansie. Skole heropen Woensdag.

Sommige paaie is steeds problematies, het Justice Tshabile, provinsiale hoofinspekteur, aan die SABC gesê. “Ons het 16 (ongelukke) met 19 sterftes. Ons N4 sowel as die R503 was weer ons grootste uitdagings wat ongelukke betref – sowel as die N18. 

“Wanneer jy Mahikeng naby die Makhubung-gebied bereik, is dit waar die meeste ongelukke gebeur – meestal op die N18 waar rondloperdiere ongelukke op daardie spesifieke pad veroorsaak,” het Tshabile gesê.

Motoriste sê meer sigbaarheid van wetstoepassers is nodig. “Die verkeer is sleg, maar dit is sleg tussen Klerksdorp en Coligny. Alles verloop egter vlot ná Coligny na Lichtenburg,” sê een motoris.

“Ons is tevrede met die sigbaarheid van verkeersbeamptes en die verkeer het lekker gevloei,” sê nog ’n motoris. “Verkeersbeamptes doen hul werk en het hul werk gedoen en die pad is skoon,” voeg ’n ander by.

‘Die meeste ongelukke op SA se paaie word deur menslike foute veroorsaak’

Noordwes se Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur het die langnaweek ’n beroep op motoriste gedoen om ekstra versigtig te wees ná ’n gru-ongeluk Sondagaand (31/3) op die R505 tussen Lichtenburg en Mahikeng. Twee voertuie het trompop gebots, sê Lucas Mothibedi, departementele woordvoerder, waarna een  aan die brand geslaan het. Die pad is vir etlike ure vir verkeer gesluit en motoriste moes ompaaie gebruik.

Daar was geen oorlewendes nie.

“Die meeste ongelukke op Suid-Afrika se paaie word deur menslike foute veroorsaak,” het Sindiswa Chikunga, minister van Vervoer, gesê. Sy het saam met verkeersbeamptes ’n padblokkade by die Mariannhill-tolplaza in KwaZulu-Natal beman.

“Daar is ’n hele aantal van hulle wat in woongebiede drink en bestuur. Ons het dit voorsien. Ons het besef aangesien die Paasnaweek aan die einde van die maand was, sou mense betaal word en geld gekry het; daarom sou hulle drank gekoop en dan bestuur het. Dit sou beslis die getal ongelukke laat toeneem het.”

Chikunga sê drank bly die grootste bydraer tot padongelukke omdat motoriste nalatig raak wanneer hulle dronk is.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.