On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Werk aan jou drome saam met Gimmies

───   09:34 Wed, 03 Apr 2024

Sponsored09:34 Wed, 03 Apr 2024
Werk aan jou drome saam met Gimmies | News Article

Potchefstroom Gimnasium streef na uitnemende en opvoedende onderwys in Afrikaans, waar leerders holisties tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel, getrou aan die ryke geskiedenis en tradisies van die skool.

Voornemende Gimmie, jy en jou ouers word hartlik uitgenooi na Gimmies se Opedag op 17 April 2024! Die besoeke aan die koshuise is van 16:30 tot 17:30. Die hekke vir die besoek aan die skool open om 17:00 en die amptelike program begin om 17:30.

Volg die skakel https://forms.gle/Jd4bKJ2d4Eny8XpDA om jou plek te bespreek. Stuur gerus ’n e-pos na andrea@gimmies.co.za indien jy enige vrae het.

Geniet ’n feestelike aand saam met Gimmies en sien hoe hul fasiliteite en klaskamers
lyk; jy sal reeds iets van Gimmie-wees kan ervaar.

Pulane Nel-Sekepe het met Willie van der Merwe. Gimmies se skoolhoof, hoofdogter Lana Burger, en Hugo Muller van die Matriekraad gepraat oor alles wat Potchefstroom Gimnasium leerders kan bied. Luister hier:

Gimmies se missie is:

  • Uitnemendheid op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
  • Begeleiding van leerders tot gebalanseerde, gelukkige en weldenke individue.
  • Regverdige en konsekwente dissipline wat vir alle rolspelers geld.
  • Bevordering en ontwikkeling van etiese leierskap.
  • Ontwikkeling van toepaslike vaardighede dat leerders volwaardige landsburgers kan wees.

Suksesse wat Gimmies behaal, getuig van toewyding, lojaliteit en uitnemendheid. In 2023 word die skool vir die vierde keer deur die Onderwysdepartement as die beste kwintiel 4-skool in die land aangewys - ’n prestasie wat ook in 2016, 2018 en 2019 behaal word. In 2022 word die skool as die naasbeste kwintiel 4-skool aangewys.

Gimmies se kultuurdepartement laat leerders tuis voel agter die mikrofoon, op die verhoog en in die kollig en leerders kan uit meer as 20 kultuuraktiwiteite ‘n keuse maak. Dit is o.a. Gimmie-toneel, die Sasima-skoolkoerant, redenaars, debat, ‘n jaarlikse Eisteddfod en ’n verskeidenheid ensembles.

Gimmies bied aan sportleerders ’n legio geleenthede in skaak, skyfskiet, bergfietsry, gholf, muurbal, rugby, netbal, seuns- en dogtershokkie en -krieket, atletiek, landloop en tennis. Leerders se vaardighede in hulle gekose sportsoort/e word met gespesialiseerde afrigting, kampe en toere ontwikkel. Baie spelers word jaarliks in verskillende Noordwes spanne opgeneem.

Gimmies is trots op hul goedtoegeruste sportfasilteite wat Gimmies van die res van die skole, nie net in Potchefstroom nie, maar ook in Noordwes, onderskei. Dit is o.a. binneshuise krieketgeriewe, gholfnette, ‘n gimnasium, swembad, skyfskietlokaal, netbal- en tennisbane, atletiekbaan en rugby- en hokkievelde.

Cachet-dameskoshuis en Brandwag-seunskoshuis is ’n huis-weg-van-die-huis vir koshuisleerders. Die koshuise is ’n veilige, gesellige plek waar sekuriteit hoog op die prioriteitslys is. Netjiese fasiliteite, vasgestelde studietye en voedsame maaltye dra by tot die huislike atmosfeer wat daagliks ervaar word. Elke koshuis se unieke tradisies en aksies bly leerders vir die res van hulle lewe by.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.