On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vier jongmense oorleef ongeluk in Kimberley

───   13:11 Wed, 03 Apr 2024

Vier jongmense oorleef ongeluk in Kimberley | News Article
Die Chevrolet wat in ’n ongeluk in Kimberley betrokke was. Foto: James Williams

Hy het bevestig sy voorste grasperk was die volgende dag vol leë bierbottels.

Vier jongmense het wonderbaarlik Maandagoggend ’n ongeluk in Schmidtsdriftweg, Kimberley, oorleef. Die bestuurder van die motor en drie insittendes het in Longstraat gejaag. 

Hy het vermoedelik beheer oor die motor verloor, oor die eiland in die pad gery, aan die anderkant van die pad beland en teen ’n huis se muur gebots. Die jongmense was vermoedelik onder die invloed van drank.

Die Chevrolet is erg beskadig in die ongeluk. Foto: James Williams

Die polisie, ’n ambulans en die insleepdienste is ontbied. Al vier die jongmense het ongedeerd uit die Chevrolet geklim. Die eienaar van die huis, net bekend as Robbie, het uit die huis gekom toe hy die slag gehoor het. Hy sê die vriende van die jongmense het baie geraas en hy het nie langer op die ongelukstoneel gebly nie. Hy het bevestig sy voorste grasperk was die volgende dag vol leë bierbottels.

Jongmense op die ongelukstoneel. Foto: James Williams

Die bestuurder was glo so dronk dat hy nie behoorlik kon staan nie. Hy het aan die verslaggewer van OFM Nuus gesê: “Ek weet nie hoe die motor gedraai het nie, maar ek het nie uitgegaan om opsetlik enige skade aan iemand se eiendom aan te rig nie.”

Die gekraakte muur in Schmidtsdriftweg, Kimberley. Foto: James Williams

Hy is nie in hegtenis geneem nie en OFM Nuus kon nie bevestiging van die polisie kry of die saak aanhangig gemaak is nie. Die eienaar van die huis sal moontlik sy eie muur moet regmaak omdat niemand verantwoordelikheid vir die ongeluk wil aanvaar nie.

OFM Nuus/James Williams dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.