On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Man onherkenbaar verbrand in Phuthaditjhaba

───   15:54 Wed, 03 Apr 2024

Man onherkenbaar verbrand in Phuthaditjhaba  | News Article

“Met hul aankoms het beamptes ernstige beserings aan die man se kop en boude opgemerk.”

'n Ongeïdentifiseerde man vermoedelik in sy laat twintigs is onherkenbaar verbrand in Snake Park Uitbreiding 3 in Phuthaditjhaba. 

Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê die Phuthaditjhaba-polisie is Maandag (1/4) omstreeks 10:30 van die voorval ingelig.

"Met hul aankoms het beamptes ernstige beserings aan die man se kop en boude opgemerk. Daar was ook 'n motorband om sy nek," sê hy. 

‘Niemand is nog in hegtenis geneem nie’

Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, het die moord veroordeel en die publiek aangemoedig om misdade eerder by die owerheid aan te meld. 

"Ons is daartoe verbind om misdadigers aan te keer," Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigeen met 

Enigiemand wat inligting het, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.