Central SA
Kimberley: Vermeende moordenaar van blitspatrollielede vir sielkundige waarneming opgeneem─── HEIDRÈ MALGAS 14:34 Thu, 04 Apr 2024
“Hy is uiteindelik ná agt maande vir sielkundige waarneming in die hospitaal opgeneem.”
Die vermeende moordenaar en kaper Daniel Wilfred Alberts (38) het Woensdag (3/4) in die landdroshof in Kimberley verskyn. Hy is uiteindelik ná agt maande vir sielkundige waarneming in die hospitaal opgeneem.
Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die saak teen Alberts is tot 6 Mei uitgestel.
Die polisie het in Augustus verlede jaar inligting ontvang dat ’n motor in Bloemfontein gesteel is en op pad na Kimberley was. Sers. Kediemetse Masilo en konst. Okaetse Mandini het die voertuig in Kimberley gewaar en dit agtervolg. Tydens die jaagtog het Alberts ’n ongeluk veroorsaak en die twee polisielede na bewering doodgeskiet.
Alberts staan tereg op twee aanklagte van moord, drie van roof met verswarende omstandighede, asook die diefstal van ’n motor en ’n skootrekenaar.
OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

