Central SA
Geen meer boetes, voertuie in Bloemfontein glo net geskut─── 14:35 Fri, 05 Apr 2024
“Die Verkeersdepartement het glo afgewyk van die uitreiking van boetes en net begin om motoriste se voertuie te skut wanneer hulle parkeerregulasies oortree.”
Video’s wat op sosiale media die rondte doen, wys hoe die Verkeersdepartement in Bloemfontein as deel van die Mangaung Metro se Reclaiming the City-veldtog, motors skut of wegtou.
Die Verkeersdepartement het glo afgewyk van die uitreiking van boetes en net begin om motoriste se voertuie te skut wanneer hulle parkeerregulasies oortree.
In een onlangse voorval wat op video vasgevang is, het verkeersbeamptes ‘n motor wat in Eerstelaan by die Loch Logan Waterfront, 'n berugte brandpunt vir onwettige parkering, geteiken.
Sommige sosialemediagebruikers beweer hulle skut selfs motors met insittendes in.
In the meantime municipal traffic officers in Bloemfontein impounded a military vehicle for a normal traffic violation,no disk displayed. In fact they are no longer issuing fines, they are even impounding vehicles with the occupants inside the vehicles. pic.twitter.com/4nEuU0Kak3
— PATRICIA MASHALE (@PATRICIAMASHAL3) April 4, 2024
OFM Nuus het vroeër ’n navraag aan die Mangaung Metro Munisipaliteit se woordvoerder, Qondile Khedama, gestuur vir kommentaar, maar tot dusver nog nie ’n reaksie gekry nie.
