Central SA
Lesotho-burger kry 10 jaar vir kabeldiefstal─── 14:16 Tue, 09 Apr 2024
“Hy is in besit van koperkabels ter waarde van R40 961,12 betrap.”
’n Burger van Lesotho is op Sasolburg gevonnis tot 20 jaar en drie maande tronkstraf vir peuter met essensiële infrastruktuur, diefstal en omdat hy Suid-Afrika onwettig binnegekom en hier vertoef het.
Leona Moleko (23) is op 19 Februarie 2022 op heterdaad betrap terwyl hy koperkabels van Transnet op Wolwehoek in die omgewing van Zamdela in die Noord-Vrystaat geknip het. “Hy was in besit van koperkabels ter waarde van R40 961,12,” sê ao. Fikiswa Matoti, Vrystaatse Valke-woordvoerder.
Sasolburg se polisie het die saak later na die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Welkom verwys.
‘Hy sal die drie vonnisse gelyktydig uitdien’
Moleko is eindelik gevonnis tot tien jaar tronkstraf vir peuter met infrastruktuur, nog tien jaar vir diefstal en drie maande omdat hy onwettig in Suid-Afrika was en die land onwettig binnegekom het. Hy sal al die vonnisse gelyktydig uitdien. Die landdroshof het hom ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Genl.maj. Mokgadi Bokaba, provinsiale Valke-hoof, het die ondersoekspan geloof vir hulle deeglike werk.
OFM Nuus/mvh
