On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Ma en dogter van Upington meer as twee weke vermis

───   08:54 Wed, 10 Apr 2024

Ma en dogter van Upington meer as twee weke vermis | News Article
Sharuzaan Losper en haar dogter, Sharo-Dee, word al meer as twee weker vermis. Foto verskaf

"Die ma was geklee in ‘n swart broek en 'n groen hemp, en haar dogter in 'n swart kortbroek en 'n geel T-hemp."

Die polisie op Upington vra die publiek se hulp om ’n vermiste ma en dogter op te spoor. 

Sharuzaan Losper (25) en haar dogter, Sharo-Dee Losper (8), is laas op 25 Maart by hul huis in Louisvaleweg gesien, sê Tsaone Mochware, die Fondersoekbeampte. 

Die ma was geklee in ‘n swart broek en ‘n groen hemp en haar dogter in ’n swart kortbroek en ’n geel T-hemp. Enigiemand wat inligting het, kan Mochware by 082 495 4615 of die Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

Vir enige navrae bel Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, by 079 5282 901.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.