On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Watertoevoer bedags onderbreek sodat Kimberley meer water kan opgaar

───   11:16 Wed, 10 Apr 2024

Watertoevoer bedags onderbreek sodat Kimberley meer water kan opgaar | News Article
Foto: OFM

“Sol Plaatje-munisipaliteit vra inwoners om geduldig te wees en verseker inwoners dat pogings aan die gang is om ononderbroke watervoorsiening te bewerkstellig.”

Die Riverton-watersuiweringsaanleg het Woensdagoggend om 02:00 op volle kapasiteit begin funksioneer te midde van herstel- en opknappingswerk wat by Suiweringsaanleg 2 gedoen is.

Kimberley se munisipaliteit is nou in die posisie om met minstens twee pompe by Riverton Plant te pomp om die Newton Reservoirs aan te vul, sê Thabo Mothibi, Sol Plaatje se kommunikasiebeampte. Dis om hulle bergingskapasiteit te verbeter en voldoende druk op te bou om met gemak in die verspreidingsnetwerk in te pomp.

“Om normale toevoer te bereik, word ’n balanseringshandeling vereis wat die bewerkstellig van ’n onmiddellike dagwatertoevoeronderbreking sal behels. 

‘Inwoners moet asseblief geduldig wees’

“Dit sal vandag, vanaf 10:00 tot 16:00, geïmplementeer word.”

Huidige reservoirvlakke staan soos volg:

  • 23 Ml Reservoir: 65% (11,07 voet)
  • 45 Ml Reservoir: 10% (3 voet)
  • 91 Ml Reservoir: 24% (4,11 voet)
  • 102 Ml Reservoir: 66% (11,24 voet)

Hierdie vlakke is onvoldoende vir gereelde toevoer en maak slegs voorsiening vir noodverspreiding.

Mothibi vra inwoners om geduldig wees en sy verseker inwoners dat pogings aan die gang is om ononderbroke watervoorsiening te bewerkstellig.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mc/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.