On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man van Qwaqwa kry twee keer lewenslank vir moord

───   HEIDRÈ MALGAS 12:30 Wed, 10 Apr 2024

Man van Qwaqwa kry twee keer lewenslank vir moord   | News Article

“Haar ontbindende liggaam is later in ’n kraal gevind nadat bure ’n slegte reuk aangemeld het.”

John Kali (29) van Qwaqwa in die Oos-Vrystaat is in die hooggeregshof in Bloemfontein twee keer lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op Seipati Masangane en Malehlohonolo Moletsane. Albei vroue het by hom gebly. 

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in Maart 2019 het Masangane verdwyn nadat sy haar besittings by Kali se woonplek gaan haal het. “Haar ontbindende liggaam is later in ’n kraal gevind nadat bure ’n slegte reuk aangemeld het. Kali het beken hy het haar vermoor,” sê Senokoatsane.

‘Haar liggaam is in ’n vlak graf ontdek’

Ten spyte daarvan dat hy in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is, het Kali sy verhouding met Moletsane hervat. Sy was verbied om sy huis te verlaat. “Nadat sy Kali oor Masangane se dood gekonfronteer het, het Moletsane ook verdwyn. Haar liggaam is in ’n vlak graf in Kali se erf ontdek.” Kali is weer in hegtenis geneem.

Adv. Dansi Mpemvane, staatsaanklaer, het aangevoer die beskuldigde hou ’n bedreiging vir die samelewing in weens die moord op twee kwesbare vroue. Hy was in ’n verhouding met albei vroue. Hy sê Kali het geen berou getoon nie, omdat hy sy tweede slagoffer vermoor het om te keer dat sy oor die eerste moord getuig.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.