On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

CRC wy enorme nuwe kerk in Kimberley in

───   10:31 Fri, 12 Apr 2024

CRC wy enorme nuwe kerk in Kimberley in | News Article
Die CRC se nuwe kerkgebou het sitplek vir 3 000 kerkgangers. Foto verskaf

“Die Here is op hierdie plek!”

Duisende lidmate en belangstellendes het die ingebruikneming van die Christian Revival Church (CRC) se nuwe kerkgebou, met sitplek vir 3 000 kerkgangers, in Kimberley bygewoon.

“Hierdie kerk in Kimberley gaan ’n plek wees waar mense God sal ontmoet,” het At Boshof gesê. Foto verskaf

Onder die hooggeplaastes was die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, en Tipsy – sy vrou, die predikant in die presidensie, Maropene Ramakgopa, die stigter van CRC, pastoor At Boshof, en die CRC se plaaslike pastoorpaar, pastoor Bryan en Sanri Coetzee.

Die Coetzees en Kimberley se CRC-span is gelukgewens met hulle reëlings om die inwyding ’n sukses te maak. Foto verskaf

Die diens het begin met die lintknip deur Boshof, waarna Coetzee die agtergrond van die bouwerk geskets het. Hy het genoem die kerkgebou is ’n sukses danksy skenkings en bystand van verskillende mense en maatskappye, asook ander CRC’s in Suid-Afrika.

“Die gebou is tot eer van God.” Foto verskaf

Boshof het die hoofpreek gelewer toe hy die skare aangespoor het om ’n verbintenis met die Here aan te gaan. Sowat 200 mense het gehoor gegee en Christus as hulle verlosser aanvaar.

At Boshof het vir die nuwe gebou en die skare gebid. Foto verskaf

Daarna het Boshof vir die nuwe gebou en die skare gebid. Later het hy gesê: “Ek sê vir julle: Hierdie kerk in Kimberley gaan ’n plek wees waar mense God sal ontmoet en waar lewens verander sal word tot eer van God.” Hy het bygevoeg: “Die Here is op hierdie plek!”

Sowat 200 mense het gehoor gegee en Christus as hulle verlosser aanvaar. Foto verskaf

Die Coetzees en Kimberley se CRC-span is gelukgewens met hulle reëlings om die inwyding ’n sukses te maak. Boshof het die verrigtinge afgesluit deur te sê: “Die gebou is tot eer van God.”

OFM Nuus/James Williams/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.