On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Geliefde jong man van Vaalharts verloor stryd teen kanker

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:02 Mon, 15 Apr 2024

Geliefde jong man van Vaalharts verloor stryd teen kanker | News Article
Jan Roux. Foto verskaf

“Shoprite Checkers OFM Chip 4 Charity het op 29 Junie 2023 ‘n gholfdag in Hartswater ten bate van Roux gehou.”

’n Jong man van die Vaalharts-skema word op 11 April vir die laaste keer gegroet nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.

Mio-epiteelkarsinoom is in Maart 2023 by  Jan Roux (toe 17) gediagnoseer. Hy het Dinsdag (9/4) ernstig siek geword en is Saterdag (13/4) in die ouderdom van 19 jaar oorlede.

Mio-epiteelkarsinoom is ’n seldsame kwaadaardige (kankeragtige) gewas wat gewoonlik in die speekselkliere voorkom. Dit kan egter ook in die vel en sagteweefsel voorkom.


Shoprite Checkers OFM Chip 4 Charity het op 29 Junie 2023 ‘n gholfdag in Hartswater ten bate van Roux gehou. Roux, wat toe 12 mediese dokters en twee professors gesien het, baie bloedtoetse gedoen het, asook drie CT-skanderings en twee MRI-skanderings, moes gaan vir chemoterapie.

Die koste vir die sessies het R14 000 per sessie beloop en Roux moes ses chemoterapiesessies elke drie weke kry.

Roux, ’n oudleerling van Hoërskool Hartswater was gewild onder sy vriende en altyd respekvol teenoor onderwysers, vertel Anlie Charka, sy registeronderwyser op skool.

Hy het ook ‘n passie vir rugby gehad en word deur die Skema 2 Sea (S2S) beskryf as iemand wat “bang was vir niks”.


“Jan het alles gegee in hierdie geveg teen kanker, hy sal onthou word as die pragtige jong man wat mense met respek hanteer het. Jan, ons sal jou vlag hoog laat vlieg en vir ewig met trots laat wapper. Die naam Jan Roux sal aanhou leef. Dit was die grootste eer en voorreg om vir jou as S2S te kon fietsry – dankie van ons almal by S2S. Jy is daar by Jesus waar ons almal graag eendag wil wees en waar ons jou weer gaan sien,” skryf die S2S op hul Facebook-blad.

Die Roux-gesin is al vir generasies deel van die skema.

Roux sal om 11:00 vanuit die NG Kerk op Hartswater begrawe word.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.