On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

R255 m.-asbessaak: Magashule se gewese sekretaresse aangekeer, voorverhoor uitgestel

───   14:08 Mon, 15 Apr 2024

R255 m.-asbessaak: Magashule se gewese sekretaresse aangekeer, voorverhoor uitgestel  | News Article
Ace Magashule. Foto: Heidrè Malgas

“Dit is nog onbekend op watter aanklagte Cholota vandag in ’n Amerikaanse hof tereg sal staan.”

Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier, en sy medebeskuldigde se voorverhoor is tot 14 Junie uitgestel.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het vanoggend dié besluit geneem nadat Moroadi Cholota, sy gewese persoonlike assistent, die naweek in Amerika in hegtenis geneem is. Cholota sal by die 18 ander beskuldigdes aansluit. 

Olly Mlamleli, voormalige LUR vir menslike nedersettings, was nie vanoggend in die hof nadat sy siektebrief by die hof ingedien is. Dit het in die hof aan die lig gekom van die maatskappye en beskuldigdes het steeds nie regsverteenwoordiging nie..

Dit is nog onbekend op watter aanklagte Cholota vandag in ’n Amerikaanse hof tereg sal staan. 

Ace Magashule is buite die hof deur lede van sy politieke party ACT ondersteun. Foto Kekeletso Mosebetsi

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê daar is ’n sterk saak teen die beskuldigdes. “’n Lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik vir beskuldigdes nommers 5 en 12, maar beskuldigde nommer 5 het daarin geslaag om voor die uitstel in die hof te verskyn. Die lasbrief vir beskuldigde nommer 12 is uitgestel tot die voorverhoor wat vir 14 Junie geskeduleer is. 

“By die NVG is ons trots daarop om sonder vrees, guns of vooroordeel te vervolg. Die jongste inhegtenisneming sal ons help om die saak te bespoedig sodat die verhoor kan begin sodra die verdediging voorberei is.

“Soos ons voorheen gesê het, is ons gereed om voort te gaan wanneer die verdediging gereed is. Ons glo daar is ’n saak waarop die beskuldigde moet antwoord,” sê hy.

Magashule, Sodi, Olly Mlamleli en ander staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Ná hul inhegtenisneming is die beskuldigdes op borgtog van tussen R50 000 en R500 000 vrygelaat.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi en Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.