Central SA
Minister van elektrisiteit ongedeerd ná padongeluk─── KEKELETSO MOSEBETSI 15:56 Mon, 15 Apr 2024
“Dit gaan goed met die minister, en hy het sy opregte wense uitgespreek dat diegene wat in die ongeluk beseer is, spoedig en ten volle sal herstel.”
Die minister van Elektrisiteit het ’n noue ontkoming gehad toe die voertuig waarin hy onderweg was ná ’n ANC-verkiesingsveldtog in Noordwes, in ’n motorongeluk betrokke was.
Kgosientsho Ramokgopa was Sondagmiddag (14/4) onderweg saam met twee wagte terug na Gauteng toe die botsing met twee ander voertuie plaasgevind het, sê Tsakane Khambane, ’n woordvoerder in die ministerie.
Say it, potholes right? Is the car okay? ?? pic.twitter.com/ZYfD9tSHVv
— ? O R I (@Ori_RSA) April 15, 2024
Al die betrokkenes het onmiddellik mediese aandag gekry. Ná ’n deeglike ondersoek is Ramokgopa sonder hospitaalopname ontslaan.
‘Hy het ook ’n kerkdiens … bygewoon’
“Dit gaan goed met die minister, en hy het sy opregte wense uitgespreek dat diegene wat in die ongeluk beseer is, spoedig en ten volle sal herstel. Hy stuur ook beste wense aan alle individue wat deur die voorval geraak is,” het sy gesê.
Ramokgopa het die naweek ’n deur-tot-deur-veldtog en ’n vergadering van gemeenskapsbelangegroepe saam met die ANC se Noordwes-verkiesingshoof in wyk 10, Mareetsane, gelei. Hy het ook ’n kerkdiens in die Apostoliese kerk in Ngaka Modiri bygewoon.
OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi mc/cg