On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Plaasaanval by Ficksburg eis kind se lewe; ses beseer

───   13:51 Mon, 22 Apr 2024

Plaasaanval by Ficksburg eis kind se lewe; ses beseer | News Article
’n Saak van moord en ses aanklagte van poging tot moord word ondersoek.

“Met die aankoms van die polisie op die toneel was die kind (11), wat in die maag geskiet is, reeds dood.“

Polisie in die Oos-Vrystaat is op soek na twee verdagtes ná ’n plaasaanval waarin ’n kind (11) doodgeskiet en ses mense beseer is.

Die gewapende mans het glo Sondagaand (21/4) omstreeks 21:50 aangekom op die plaas Lonia in die distrik Ficksburg en sonder om ’n woord te sê, op die plaasbewoners begin skiet, sê ao. Mmako Mophiring.

Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug, in ’n onbekende motor geklim wat langs die R26-pad naby die plaas geparkeer was en weggejaag.

Mophiring sê met die aankoms van die polisie op die toneel was die kind, wat in die maag geskiet is, reeds dood.

Die ander ses slagoffers, mans en vroue, is na die plaaslike hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. ’n Saak van moord en ses aanklagte van poging tot moord word ondersoek.

Enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes, kan kapt. Lebakeng van Ficksburg se speurafdeling by 079 897 7144 bel, Stop Misdaad by 08600 10111, of die MySAPS-app gebruik.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.