On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Polisieman van Kimberley skiet vriendin, broer en homself

───   11:56 Tue, 23 Apr 2024

Polisieman van Kimberley skiet vriendin, broer en homself | News Article
Die broer is gewond, waarna die polisieman sy meisie en homself geskiet het.

“Die broer is gewond, waarna die polisieman sy meisie en toe homself doodgeskiet het.”

’n Polisieman van Kimberley het sy meisie, sy broer en homself geskiet ná ’n onderonsie met sy meisie.

Na bewering was daar ’n woordewisseling tussen die polisiebeampte en sy meisie. Sy broer het glo tussenbeide getree om die gemoedere te probeer kalmeer. Die broer is gewond, waarna die polisieman sy meisie en toe homself doodgeskiet het.

Sy liggaam en dié van sy meisie is later deur die polisie op die misdaadtoneel gevind.

Sy broer is in die hospitaal opgeneem waar hy mediese bystand ontvang en daar word berig dat hy in 'n ernstige maar stabiele toestand is.

‘Die presiese motief agter die voorval word ondersoek’

Kol. Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval vroeg Sondagoggend (21/4) bevestig. Kimberley se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek die saak.

Die presiese oorsaak en motief agter die voorval word ondersoek. Enigiemand met inligting kan ao. Joseph Kamolane by 082 302 0407 bel. Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Koliswa Otola, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het haar innige meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes betuig.

Sy moedig ook polisielede aan om alternatiewe hulp by die verskillende polisie-eenhede vir werknemergesondheid en welstand te soek wanneer hulle voor uitdagings te staan kom.

OFM Nuus/James Williams
 mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.