On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Baba se mediese behandeling laat Meyerton-gesin platsak

───   ZENANDE MPAME 15:20 Tue, 23 Apr 2024

Baba se mediese behandeling laat Meyerton-gesin platsak | News Article
Ruach Combrink, die vyf maande oue baba. Foto verskaf

“Ek reis 80 km per dag om seker te maak Ruach weet hy is geliefd.”

’n Meyerton-gesin vra finansiële bystand om hul las te verlig nadat hul vyf maande oue seun nog nooit ontslaan is nie nadat hy in die Netcare Sunninghill-hospitaal in Johannesburg gebore is.

Ashley Combrink was ongeveer 24 weke swanger toe hipoplastiese regterhartsindroom (HRHS) by haar ongebore baba gediagnoseer is. Die trikuspidale klep, regterventrikel en pulmonêre klep was onderontwikkel of nie gevorm nie. Op slegs vyf dae het Ruach sy eerste opehartoperasie ontvang vir ’n omleiding.

“Ons vergeet soms dat die lewe ook buite die hospitaal voortgaan. Alhoewel ons mediese fonds byna al die koste gedek het, het daar ’n paar kleiner rekeninge deurgesyfer,” het Ruach se ma, Ashley, gesê.

Ruach in die hospitaal. Foto verskaf

Sy bly nou in Kempton Park saam met haar swaer en sy vrou, van waar sy na die hospitaal ry. “Om bietjie brandstof te bespaar, bly ek die hele dag by die hospitaal. Dit veroorsaak ander praktiese probleme, naamlik etes en die [ekstraksie van] borsmelk.”

Nadat hy tien dae by die hospitaal deurgebring het, is Ruach huis toe gestuur en drie dae later is hy weer opgeneem omdat ’n wond-sepsis gevorm het. Hy was terug in die teater waar die wond weer oopgemaak is (vel en borsbeen) om skoongemaak te word.

Begin Maart is hy opgeneem vir sy tweede opehartoperasie, waar hulle die are wat van die nek na die hart loop neem en dit uit die hart verwyder om dit direk na die longe te verbind.

Ruach is sterk en hy hou aan veg. Foto verskaf

“Nou al was die operasie baie suksesvol, moes baba Ruach ’n menigte virusse en infeksies beveg. As gevolg van die CVP-lyn wat ingesit is van waar hulle bloed trek en medisyne toedien, het hy ’n bloedswamvirus opgedoen.”

“Maar ons klein hartjiekryger is sterk en hy hou aan veg. Ons vra nederig vir skenkings om mediese uitgawes en reiskoste te dek aangesien daar geen verblyf naby die hospitaal beskikbaar is nie. Ek reis 80 km per dag om seker te maak Ruach weet hy is geliefd. Enige bydrae sal baie waardeer word.”

Ashley Combrink (ma), Michael (ouer broer), Jan Combrink (pa) en klein Ruach. Foto: Verskaf

Ruach se pa, Jan, moes saam met Ruach se ouer broer, Michael, na Meyerton terugkeer, want hy het skool en moes voorberei vir eksamens en toetse.

Die gesin het ’n Back-a-Buddy-veldtog begin waar mense kan skenk.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.