On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie soek hulp om twee vermiste persone in Welkom op te spoor

───   HEIDRÈ MALGAS 15:49 Tue, 23 Apr 2024

Vrystaatse polisie soek hulp om twee vermiste persone in Welkom op te spoor | News Article
Foto ter illustrasie

“Die Welkom-polisie is op soek na Mashiyana Likho en Ntebaleng Lenka.”

Die Vrystaatse polisie soek hulp om twee mense op te spoor wat as vermis aangemeld is en laas in die omgewing van Welkom gesien is.

Die Welkom-polisie is op soek na Mashiyana Likho, wat weggeraak het, nadat hy genoem het hy kort geld om na Durban te reis, sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Thakeng noem dat Likho se tannie die Welkom-polisiekantoor genader het om ’n verslag in te dien oor haar nefie (23), wat sedert 16 April vermis word.

Vermiste Mashiyana Likho (23). Foto verskaf

“Sy voorneme was om vervoergeld te kry vir ’n reis na Durban, maar hy was onsuksesvol. Omdat hy van die Oos-Kaap is, ken hy nie juis mense in Welkom nie,” sê Thakeng. Hy is laas gesien in ’n roomwit hemp, vlootblou pet, oranje Vans-skoene, en met ’n sak.

Luidens aanvanklike berigte het geen van sy familielede in die Oos-Kaap of Durban hom sedertdien gesien.

Die polisie op Welkom doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, om by 079 886 5574 of die Stop Misdaad-lyn by 08600 10111 te skakel.

‘Haar kêrel het haar as vermis aangemeld’

In ’n aparte saak vra die Thabong-polisie hulp van die publiek om ’n jong vrou op te spoor. Haar kêrel het haar as vermis aangemeld en genoem dat sy laas Vrydag (19/4) omstreeks 09:30 gesien is.

Volgens Thakeng het Ntebaleng Lenka (19) van Thabong vermis geraak terwyl sy op pad was werk toe by ’n salon naby die Liberty Centre in die Welkom-sentrum. Sy het nog nie terugkeer nie.

“Met sy besoek aan haar werkplek op Sondag (21/4) om 07:00 is haar kêrel deur haar bestuurder ingelig dat Ntebaleng haar skof voltooi het op die dag waarop sy laas gesien is (Vrydag), maar waar sy haar nou bevind, bly ’n raaisel.”

Vermiste Ntebaleng Lenka (19). Foto verskaf

Haar laaste bekende klere wat sy gedra het, was onder meer ’n wit-pers-en-geel sweetpakbroek, ’n blou kappietop en swart-en-wit tekkies. ’n Lêer vir vermiste persone is oopgemaak vir verdere navrae.

Die Thabong-polisiekantoor doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, om kontak te maak by 082 848 8120 of deur Stop Misdaad te bel by 08600 10111.

 OFM Nuus/Heidrè Malgas mc/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.