On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Hardwerkende Mr D-afleweraar verwerf onderwysgraad

───   ZENANDE MPAME 13:10 Thu, 25 Apr 2024

Hardwerkende Mr D-afleweraar verwerf onderwysgraad | News Article
Tshireletso Makabe saam met sy Mr D afleweringskollegas by sy gradeplegtigheid. Foto verskaf

“Mr D se afleweringskollegas het Makebe na sy gradeplegtigheid begelei.”

’n Mr D-afleweraar wat kleintyd daarvan gedroom het om ’n lugverkeerbeheerder te word, het pas ’n ander droom bewaarheid toe hy ’n B.A.-graad in Onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het.

Tshireletso Makabe (23) is van die dorpie Silwerkrans in Noordwes. Hy het die naweek graad gevang. Weens die afwesigheid van sy familie het sy kollegas van die kosafleweringsdiens hom op bromponies na sy gradeplegtigheid begelei.

“Dit was regtig uitdagend om my studie met ’n werk te balanseer, veral wanneer ek assesserings moes doen. Wanneer ek assesserings moes doen, sou ek net die oggendskof werk, sodat ek in die middag my skoolwerk kon doen,” vertel Makabe.

Tshireletso Makabe  werk as 'n bestuurder in die stad. Foto verskaf.

“Ek het as ’n kosafleweringsbestuurder by Mr D begin werk om ’n ekstra inkomste te kry, omdat die geld van NSFAS nie genoeg was nie. Mr D het my finansieel baie gehelp, want ek het net staatgemaak op die NSFAS-toelaag, wat slegs R1 500 was en net genoeg was vir my kruideniersware, maar nie al my basiese behoeftes dek nie.”

Sy swaarverdiende loon het nuttig te pas gekom toe hy klere vir sy onderwyspraktyk moes koop. Hy kon tydens sy prakties vir sy vervoer na en van Rocklands betaal en boonop ook nog geld huis toe stuur.

Makabe het ’n paar dae voor sy gradeplegtigheid ’n ontstellende oproep van die huis af ontvang. Sy ma kon weens haar gesondheid nie dit bywoon nie. Hy het sy mede-afleweraars daarvan vertel en hulle het vir hom gesê hulle sal daar wees vir hom. Hulle het hom op hul motorfietse na sy gradeplegtigheid begelei.


“Ek en my ma het beplan vir die reis na Bloemfontein vir my gradeplegtigheid, maar tydens die week het sy siek geword en kon nie meer kom nie. Ek was lus om nie die seremonie by te woon nie, want my enigste ouer sou nie daar wees nie,” vertel hy.

“Toe my kollegas bymekaargekom het om my na my gradeplegtigheid te begelei, het dit my baie gelukkig gemaak. Ek het begin voel dat ek nie alleen is nie en dat ek mense het om my na my seremonie te vergesel.”

Makabe op sy gradeplegtigheidsdag. Foto verskaf

Makabe vertel hy is tans steeds ’n afleweraar, want hy het nog geen reaksie ontvang van die aansoeke wat hy aan skole in die Vrystaat, Noordwes en Gauteng gestuur het nie.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.