On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Ma en seun se begrafnisreëlings bekend ná ongeluk

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:07 Fri, 26 Apr 2024

Ma en seun se begrafnisreëlings bekend ná ongeluk | News Article
Magda en Gerbrandt Ferreira is die naweek op slag dood in ’n motorongeluk. Foto: Vaalweekblad

“Sy het ook bevestig dat die vragmotorbestuurder nie gearresteer is nie.”

Die onderwyser en sy ma wat die naweek in ’n gru ongeluk gesterf het, word Vrydag 3 Mei op Koster vanuit die plaaslike NG kerk begrawe

Die geliefde onderwyser van Vanderbijlpark, Gerbrandt Ferreira (31), en sy ma, Magda (63) is die naweek op slag dood nadat hul motor en ’n vragmotor in ’n ongeluk betrokke was.

Hulle is Saterdag (2/4) op slag dood in dié noodlottige ongeluk naby die berugte kruising van die R42 en R57 in Vanderbijlpark. Die kruising staan ook bekend as die “kruising van die dood”.

Die vragmotor het eers ’n paar meter verder tot stilstand gekom nadat die bestuurder die slag gehoor het, sê kol. Noxolo Kwena, Gautengse polisiewoordvoerder.

“Die bestuurder het toe eers besef dat hy die Ferreiras se motor onder die vragmotor saamsleep. Die passasiers was in die motor vasgekeer en is op slag dood.”

Sy het ook bevestig dat die vragmotorbestuurder nie in hegtenis geneem is nie.

Magda het op die dag van die botsing van Koster na Vanderbijlpark verhuis om nader aan haar seun en kleinseun te wees.

Hy was verloof aan Ferylynn van den Berg en die paartjie sou oor minder as twee maande getrou het. Van den Berg het net na die ongeluk gesê sy is stukkend. “Die Here het jou kom haal,” skryf sy op Facebook.

“Jy’t my die beste daggies van my lewe gegee; 486 dae se onbeskryflike geluk. My hart is gebreek, en ek stry om woorde te vind sodat ek die diepte van my hartseer kan uitdruk. Jy is en sal vir altyd my droomman bly.”

Gerbrandt Ferreira en sy verloofde, Ferylynn van den Berg. Foto verskaf

Ferreira, wat Engels, sosiale wetenskap en geografie gegee het, was altyd ’n “happy chappy” en nooit nors nie, sê Ricardo Erasmus, skoolhoof van die Hoërskool Driehoek. “Ferreira was ’n vriendelike en aangename onderwyser.

“Die kinders was mal oor hom omdat hy op hulle vlak kon kommunikeer. Hy laat ’n groot leemte, veral by die rugby en die krieket.”

’n Roudiens sal Vrydag om 13:30 gehou word by die Hoërskool Driehoek waar Gerbrandt Ferreira (31) ’n onderwyser was.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.