On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste AJ Olivier van Kakamas se motor glo in Pretoria opgemerk

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:54 Fri, 03 May 2024

Vermiste AJ Olivier van Kakamas se motor glo in Pretoria opgemerk | News Article
AJ Olivier van Kakamas word vermis. Foto SAPD

“Olivier is Donderdag deur sy familie as vermis aangemeld nadat die eienaar van die woonstel wat hy op Kakamas huur hom Dinsdag die laaste keer gesien het.”

Die man van Kakamas in die Noord-Kaap wat sedert Dinsdag (30/4) vermis word se motor is glo in Pretoria opgemerk.

Die inligting is deur die vermiste AJ Olivier (21) se ma, Petro van der Westhuizen, bevestig. Die polisie het haar Vrydagoggend (3/5) in kennis gestel dat Olivier se wit Toyota Etios met die nommerplaat CHF 730 NC in Pretoria gesien is. Dit is onbekend waar die motor gesien is, of wie in die motor was.

Olivier is Donderdag (2/5) deur sy familie as vermis aangemeld nadat die eienaar van die woonstel wat hy op Kakamas huur hom Dinsdag (30/4) die laaste keer gesien het, sê  Nelis Prins, polisiewoordvoerder van Kakamas.

‘Hy is nog nie weer gesien nie’

“Die eienaar van die woonstel waar AJ huur het hom verlede Dinsdag omstreeks 18:00 laas gesien. AJ het volgens die eienaar in sy motor geklim en weggery. Hy is nog nie weer gesien nie,” sê Prins.

Olivier het grootgeword op Upington, maar na Kakamas vir werk verhuis.

Nadat sy Dinsdag omstreeks 21:00 ’n boodskap van AJ gekry het wat vra of sy die geld wat hy inbetaal het, ontvang het, is sy selfoon af, sê Van der Westhuizen.

“Ek het al geslaap en eers die volgende oggend sy boodskap beantwoord. Sy foon was af en dit lyk of sy WhatsApp-profiel verwyder is.”

‘Geen wagtydperk om iemand as vermis aan te meld nie’

Van der Westhuizen sê hoewel AJ nie vreemd opgetree het nie, het sy wel opgelet dat sy gemoedstoestand die laaste tyd nie goed was nie. “Ek het agterkom iets is nie lekker nie, maar nie gedink dit sal lei tot so iets nie.”

Indien enigiemand Olivier of sy motor sien, bel lt.kol. Nico Maree van Kakamas se speurafdeling by 082 448 4439. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Die polisie beklemtoon daar is geen wagtydperk om iemand by hulle as vermis aan te meld nie.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.