On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Mediese lêers in veld by Upington gekry

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:29 Fri, 03 May 2024

Mediese lêers in veld by Upington gekry | News Article
Mediese dokumente is in Upington in die veld gekry. Foto: #Hope4SA

“Die dokumente wat versprei is, bevat sensitiewe besonderhede soos individue se volle name, vanne, ID-nommers en ander kritieke data.”

Die gesondheidsorgstelsel in die Noord-Kaap is op die rand van ineenstorting ná voortdurende uitdagings die laaste paar weke by hospitale in Kimberley en Kuruman.

“Die jongste voorval by die Upington-kliniek stel die gebrek aan aanspreeklikheid en etiese gedrag bloot nadat mediese lêers met persoonlike inligting, waaronder MIV-toetsuitslae, openlik en roekeloos versprei is. Dit oortree ook die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet),”  sê Andrus Strauss van #Hope4SA.

Die party oorweeg dit om ’n strafregtelike klagte teen die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement in te dien nadat ’n inwoner op die lêers afgekom het in ’n veld langs die 8SAI-weermagbasis op Upington.

Mediese dokumente is in ’n veld gekry. Foto: #Hope4SA

“Die dokumente wat versprei is, bevat sensitiewe besonderhede soos individue se volle name, vanne, ID-nommers en ander kritieke data. Hierdie skokkende privaatheidskending skend nie net hul regte nie, maar berokken ook onherstelbare skade aan die privaatheid en waardigheid van diegene wat geraak word.”

Strauss het onmiddellik ingegryp en Maandag (29/4) die verantwoordelike amptenare by die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gekontak en hulle gevra om die dokumente te verwyder.

Maruping Lekwene, LUR vir Gesondheid, het mense gestuur om die dokumente te kom verwyder. “Hy het ook verseker dat verdere hulp sou volg om die situasie reg te stel,” sê Strauss.

Belangrike inligting van pasiënte is in die veld gevind. Foto: #Hope4SA

Net sommige van die dokumente was egter teen Dinsdag (1/5) verwyder. “Ons het die department sewe dae gee om ’n verslag saam te stel oor wie aanspreeklik gehou moet word vir die grootskaalse privaatheidskending. Hulle moet teen Maandag (6/5) vir ons terugvoer gee.”

Hy beklemtoon dat maatreëls getref moet word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom. “Hierdie skandelike gebeurtenis beklemtoon die noodsaaklikheid vir ’n gesondheidsorgstelsel wat gegrond is op etiese beginsels en die belange van die mense in ag neem.”

Nie al die dokumente is al verwyder nie. Foto. #Hope4SA

OFM Nuus het navrae aan Lulu Mxekezo, woordvoerder van die Departement van Gesondheid gestuur, maar het geen terugvoer gekry nie.

• Die Popi-wet raak alle private en openbare organisasies wat inligting soos name, adresse, e-posadresse, gesondheidsinligting en diensgeskiedenis verwerk, en moet nagekom word indien data aan derde partye uitgekontrakteer word.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.