On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Man van Noordwes in hof ná aanranding op sy ma

───   09:58 Sun, 05 May 2024

Man van Noordwes in hof ná aanranding op sy ma | News Article
Foto: Times of Malta

“Na bewering het die verdagte Donderdagaand (2/5) tuis gekom en sy bejaarde ma in haar huis in Matolong Village, Taung, aangerand.”

’n Man van Taung sal na verwagting Maandag (6/5) in die plaaslike landdroshof verskyn vir die beweerde aanranding op sy bejaarde ma.

Die verdagte (41) sal ook aangekla word vir die oortreding van ’n beskermingsbevel wat teen hom verkry is, sê Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder.

“Na bewering het die verdagte Donderdagaand (2/5) tuis gekom en sy bejaarde ma (73) in haar huis in Matolong Village, Taung, aangerand. Die voorval het plaasgevind nadat 'n beskermingsbevel vroeër teen haar seun uitgereik is,” sê Myburgh.

‘Polisie sal aanhou om kwesbare mense te beskerm’

Die man is Vrydag (3/5) in hegtenis geneem kort nadat die voorval by die polisie gerapporteer is.

Myburgh sê die provinsiale kommissaris, lt.-genl. Sello Kwena, het dit as hartseer bestempel dat ’n bejaarde ma aangeval is deur haar volwasse seun, wat veronderstel is om haar te beskerm.

"Hy het die voorval sterk veroordeel en gesê die polisie sal aanhou om kwesbare mense te beskerm en die oortreders te laat opdok."

OFM Nuus cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.