On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Heilbron al langer as 45 dae sonder water

───   HEIDRÈ MALGAS 15:35 Thu, 09 May 2024

Heilbron al langer as 45 dae sonder water | News Article
Inwoners en sakemanne van Heilbron het deelgeneem aan die gemeenskap se betoging weens die waterkrisis. Foto Facebook

“Ekonomiese groei kan nie plaasvind sonder volhoubare water- en kragvoorsiening nie.”

Heilbron in die Vrystaat is sedert Desember gereeld sonder water, en die jongste droogteperiode duur nou al 45 dae lank met inwoners wat keelvol is.

Die VF Plus het Woensdag (8/5) saam met inwoners en sakemanne deelgeneem aan die gemeenskap se betoging weens die waterkrisis. “Ekonomiese groei kan nie plaasvind sonder volhoubare water- en kragvoorsiening nie,” sê Jan van Niekerk, Vrystaatse VF Plus-leier. “Die realiteit is dat die ANC-regering nie dienslewering prioritiseer nie. Dit sal nie verander solank hulle aan bewind is nie.” 

Heilbron het onder die ANC-bewind van ’n spogdorp tot ’n ashoop verval. Hy sê die VF Plus se beleid is duidelik – mag moet afgewentel word tot die laagste vlak en elke dorp moet oor sy eie munisipaliteit beskik.

Heilbron in die Vrystaat is sedert Desember gereeld sonder water. Foto verskaf

Die DA in die Ngwathe-munisipaliteit het ’n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig in reaksie op voortdurende versoeke.

“Hierdie aksie volg op herhaalde versoeke deur die gemeenskap om volle waterkapasiteit te herstel, skoon water te verskaf en die skuldprobleem met Rand Waterraad op te los,” sê Robert Ferendale, Ngwathe-DA-raadslid.

“Dit is noodsaaklik om te erken dat skoon drinkwater ’n grondwetlike reg van burgers is en dat Ngwathe wetlik verplig is om dit te voorsien. Tans is die watertoevoer van die Randse Waterraad (RWR) na Heilbron verminder as ’n skuldinvorderingsmaatreël weens agterstallige skuld van ongeveer R70 miljoen vir grootmaatwateraankope.”

‘Die waterkrisis in Heilbron is heeltemal vermybaar’

Ferendale het gesê daar is ’n dreigende gevaar vir selfs strenger beperkings deur die RWR, wat die waterkrisis vererger. “Ons eis die onmiddellike hervatting van normale watertoevoer na Heilbron. Die waterkrisis in Heilbron is ’n gevolg van wanbestuur en is heeltemal vermybaar.”

OFM Nuus/Heidré Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.